Vrou dood toe voertuig pad op brug verlaat

(Foto: Netcare 911)

ʼn Vrou is dood toe die motor waarin sy was Sondagoggend in Uvongo aan die KwaZulu-Natalse Suidkus by ʼn brug afgetuimel het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê die ongeluk het omstreeks 08:30 op Marinerylaan gebeur.

“Volgens inligting het die bestuurder van die motor beheer oor die voertuig verloor en die motor het van die brug afgery en in die St. Michael’s-rivier beland,” sê Herbst. “Lewensredders kon daarin slaag om ʼn volwasse vrou uit die motor in die water te bring, maar sy is op die plek dood verklaar.”

Herbst sê die polisie se soek-en-reddingseenheid het die voertuig intussen beveilig, terwyl polisieduikers in die rivier begin soek het na nog slagoffers wat moontlik onder die water kan wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jaco ·

Naby ons huis.
Ek was op toeneel toe hul haar uit voertuig gebring het. Ek amper seker daar was nog iemand in die kar want daar was 2 handshake gevind. Kom ons kyk maar of iemand op kom.
Daar was geen briekmerke ni

Elna ·

Dis regtig baie tragies. Baie baie sterkte aan die oorledenes se familie. Rus in vrede. Ek hoop net daardie brug gaan gou herstel word voordat daar nog n tragedie plaas vind.

At ·

Op die foto lyk die reling maar baie swak om ‘n voertuig te keer.

Lucinda ·

Dis nie in Uvongo nie dit was in St Michael’s gewees, ek was by die toneel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.