Vrou dood, twee gewond tydens taxi-skietery

Argieffoto

Argieffoto

’n Vrou is Dinsdag dood en twee mans gewond nadat ʼn skietgeveg tussen twee taxi-verenigings by die Tembisa-taxistaanplek aan die Oos-Rand uitgebreek het.

Ao. Mahlodi Langa, woordvoerder van die polisie, het gesê die skietery het glo gebeur omdat die twee verenigings oor roetes baklei het. “’n Vrou is in die maag geskiet en die twee mans is albei in hul arms gewond,” het hy gesê.

Volgens Langa het die pendelaars in ʼn ry gewag om in ʼn taxi te klim toe hulle geskiet is. Die gewonde mans is na die Tembisa-hospitaal geneem.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

anet ·

‘n Lewe beteken vir hierdie geweldenaars absoluut niks. Die vrou wat nou onskuldig doodgeskiet is, was moontlik ‘n broodwinner, en wat nou?, wie gaan vir die naasbestaandes sorg. ‘n Wetgewing moet moontlik oorweeg word, dat as jy ‘n onskuldige persoon se lewe neem, jy aanspreeklik gehou kan word om die naasbestaandes te versorg tot aan die einde van jou dae.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.