Vrou doodgery toe sy glo wou vlug

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

ʼn Vrou in haar 30’s is Maandagaand op die N2-snelweg naby die Tongaat-tolplaza in KwaZulu-Natal doodgery toe sy glo van ʼn groep mans probeer vlug het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 19:20 plaasgevind.

“Volgens inligting van die toneel is die vrou deur ʼn onbekende aantal mans gejaag. In ʼn poging om hulle te ontduik het sy oor die snelweg gehardloop en voor ʼn voertuig beland,” het Botha gesê.

Die vrou is op slag dood.

Maj. Thulan Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het by navraag aan Maroela Media gesê inligting oor die voorval is nog skraps. “Die Tongaat-polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag. Die omstandighede rondom die ongeluk word nog ondersoek,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Theresa ·

Is dit darem nou nie vreeslik nie. Die Here sal met elkeen van julle “afreken”. Julle sal julle dag kry.

faith ·

sterkte aan die familie. die mans wat haar gejaag het lnthou elke hknd kry sy dag maar n vark kry drie

SNEL ·

Dis darem vreeslik wat met haar gebeur het, maar as mens dink wat in hulle hande met haar sou gebeur het…. Hartseer dat vrouens, oumense en kinders nie beskerm word nie, maar teikens is in ons land. Baie sterkte aan haar familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.