Vrou doodgeskiet by Pta-werkplek

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 33-jarige vrou is Woensdagoggend ten aanskoue van kollegas doodgeskiet, vermoedelik deur ʼn man aan wie sy vroeër verloof was.

Ao. Dave Miller, woordvoerder van die polisie, het gesê die man het omstreeks 08:30 by Cura Health Insurance se kantore in Rubensteinrylaan in Moreletapark met sy motorfiets stilgehou. Die man het by die kantore ingestap en vir die vrou gevra. “Terwyl die vrou by die trappe af gekom het, het die man talle skote op haar afgevuur.”

Miller het gesê die vrou is op die toneel dood verklaar. Die man het op sy motorfiets gevlug. Volgens Miller word daar vermoed dat die skietery die gevolg van ʼn dispuut oor huishoudelike geweld is. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en die verdagte is nog soek.

Intussen word ʼn foto op sosiale media versprei van die vermeende skieter. Volgens Miller is die polisie bewus van die foto maar kon dit nog nie bevestig word of dit wel die man is wat die moord gepleeg het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.