Vrou doodgeskiet langs N2

Vrou doodgeskiet langs N2 (Foto: Rescue Care)

ʼn Vrou, vermoedelik in haar dertigs, het Vrydagmiddag gesterf in ʼn skietvoorval op die N2 Noord in Durban, KwaZulu-Natal.

Ceron Lennox, woordvoerder van Rescue Care, sê die polisie en nooddienste het die vrou langs die hoofweg tussen bosse aangetref.

Sy het ʼn enkele skietwond aan haar bolyf gehad.

“Paramedici het haar ondersoek, maar daar kon niks meer vir haar gedoen geword het nie; sy was reeds dood,” sê Lennox.

Die presiese oorsaak van die skietvoorval is nog nie bekend nie.

ʼn Polisieondersoek na die voorval duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Wessels ·

Man die duiwel is los in hierdie land. Van 1994 af as ons nou eerlik is.

Frans C ·

On der die vorige regerings was die moordsyfer +- 7000 per jaar,onder die huidige regering het dit verdubbel en in sommige jare verdriedubbel.

Jakes Jacobs ·

Los maar die ondersoek, die polisie is useless. Daar sal niks van kom nie.

Werner Gunter. ·

Dagse.
Hartseer is dat ek in n mate saamstem.
Verder het u nie die voorwoord van maroela gelees nie.soos hul daar se “moenie die oom of tannie……”
Dan ,wat het u gedoen,hoekom kom wys u ons nie hoe word dit gedoen nie.
Alle ekspert hulp sal waardeer word in die afrika land.

Cherokee ·

… en soos gewoonlik wonder ek oor die sinnigheid in die laaste lyn en besef dat dit deel is van die vorm van indiening wat buitendien geen sin dien nie want dit is bloot die amptelike manier van doen.

pawnee ·

werk Cherokee vir MM dat sy kan kwytraak net wat sy wil op elke artikel en dit geplaas word?

foxi ·

Ag ja wat, ek sê ook so…….los dit maar, want as hulle met hul hande so in hul sakke rondstaan…gaan daar niks van kom nie…net nog maar n moord……….

Le Celia ·

Ek besef net opnuut, ons land is in Gorilla Burger oorlog, en ons is vas aan die slaap.

Justice ·

Soos ons altyd in die weermag gese het – Indien daardie speurder se hande nou moes ontplof …

anton ·

Ek is al so moeg vir al die moord en doodslag in die land, tot my moeg is al moeg!!!

anton ·

Ja eintelik is die hele 11 Tim. 3 van toepassing sou ek sê.
Baie waar EvW.!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.