Vrou doodgeskiet toe polisie na geplunderde goedere soek

(Argieffoto: Maroela Media)

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die skietdood van ’n vrou in Lamontville in KwaZulu-Natal tydens ’n polisie-operasie om geplunderde goedere in die gebied terug te kry.

Genl. Bheki Cele, minister van polisie, het Lamontville Sondag besoek om die voorval met inwoners te bespreek nadat hulle daarop aangedring het dat die 33-jarige vrou se dood spoedig ondersoek moet word.

Lirandzu Themba, Cele se woordvoerder, het gesê die minister het aan inwoners verduidelik dat polisiebeamptes inligting opgevolg het oor gesteelde goedere soos elektroniese toerusting, kos en ammunisie wat glo in sommige huise in die omgewing gestoor word.

Inwoners het glo tydens die polisie se operasie uitgangspunte na die township met klippe versper en polisievoertuie se bande stukkend gesny. Polisiebeamptes is ook aangeval.

“Om polisiebeamptes aan te val wat hul werk doen, is onaanvaarbaar en hierdie tipe gedrag het geen plek in ons samelewing nie,” het Cele gesê.

“Ek wil ook ’n beroep doen op veral ooggetuies om na vore te kom met inligting wat Opod kan help in hul ondersoek na die vrou se dood. Indien bevind word dat die polisie vir haar dood verantwoordelik was, sal hulle verantwoording moet doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hendrik Marthinus

Iemand se dood is Baie erg, maar wat soek Hulle by optogte.
Wat te se om die staat se eiendom te beskadig.
Wie gaan die staat se uitgawes dek, dit alleen is n verder kriminele saak, nl. MITP

marius

Tong is meer gesplete as die van ‘n adder

Willem

Polisie val mense aan dit is hkm hulle hulle eie medisyne terugkry!

Jasper

Hierdie is ‘n moeilike een geen respek vir polisie,polisie moet hulself verdedig teen aanvalle, nou is iemand dood en die ongekwalifiseerde minister praat net wat in sy kop kom …..piesang Republiek nagevolge.

Tiptol

So as die gemeenskap aandring dat die dood van die vrou ondersoek moet word is Cele daar. Wat van al die plaasmoorde?