Vrou doodgeslaan; man sterf toe hy vlug

Argieffoto: Kent Williamson

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Man is Saterdagoggend dood toe hy van die polisie probeer vlug het nadat hy na bewering sy suster doodgeslaan het.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes is na ʼn informele nedersetting in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, ontbied nadat ʼn man glo ʼn vrou aangerand het.

“Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle die man en sy vriend gevind wat baie gewelddadig en aggressief teenoor die polisiebeamptes opgetree het. ʼn Vrou wat ooglopend erg aangerand is, het op die grond gelê,” het Mbhele gesê.

Volgens Mbhele het die mans geweier om met die polisiebeamptes te praat en het een van hulle die polisie probeer aanrand. Die beamptes het versterking ontbied en toe daar nog polisiebeamptes by die toneel opdaag, het albei mans op die vlug geslaan.

“Een van die mans, Mzamo Jili (30), het oor ʼn heining probeer spring om van die polisie te vlug. Hy het van die heining afgeval en is op slag dood. Die tweede man is in hegtenis geneem,” het Mbhele gesê.

Paramedici is na die toneel ontbied om die vrou wat aangerand is te ondersoek. Volgens Chitra Bodasing-Harduth, woordvoerder van ER24, is die vrou op die toneel dood verklaar. Die vrou is later geïdentifiseer as die 24-jarige Thembani Jili, die suster van die verdagte wat oorlede is.

Die tweede verdagte sal volgende week in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

phyllistea lategan ·

my nou toe nou!!! wat jy saai sal jy maai, hy is voorwaar in eie munt terug betaal!!!

Net so ·

Net so, ek is soooo dankbaar, net jammer die ander wetter gaan nou al die skuld op die dooie pak en dalk loskom. Kon hy nou nie maar oor dieselfde muur probeer wegkom het nie!

Tinka ·

Om respek te verdien moet jy respek aan ander gee pracrice what you preache zm

PMB ·

Dit is so wreed. Wys jou net ……… ons moet wakker slaap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.