Vrou, drie kinders vermoor

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Man word gesoek nadat die liggame van sy vrou en drie kinders, wat ʼn baba van elf maande insluit, in ʼn huis in Ekurhuleni gevind is.

Kapt. Tsekiso Mofokeng, woordvoerder van die polisie, het gesê bure het Donderdag op die gruvonds afgekom toe hulle die deur van die gesin se huis in Tsakane afgebreek het. “Die bure het die gesin Sondag vir die laaste keer gesien en het teen Donderdag bekommerd geraak toe hulle nie die gesin in die hande kon kry nie.”

Volgens Mofokeng het hulle op die ma en drie dogters, wat onderskeidelik sewe en nege jaar en 11 maande oud was, afgekom het. “Hulle is keelaf gesny,” het Mofokeng gesê. Die polisie intussen op soek na die vrou se man. “Ons doen ‘n beroep op hom om ons te kontak sodat ons kan uitvind wat gebeur het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Theresa B ·

Ja Gesiggie en dan word hy “op die hande gedra” want hy het “regte”. Wat van die vrou en daardie onskuldige kindertjies. Wat van hul regte OM TE LEWE!!
Meneer bel tog die polisie en verduidelik wat gebeur het………………..Hulle vra so mooi! (sarkasties).

Gesiggie ·

Ja Theresa.. n mens wens partykeer om die gereg in eie hande te neem, maar ek weet nou al, as daai gesin se Familie hom gaan kry, gaan hy nie meer wees”’ Ja toe… Bel jong”ag siestog.. ons verstaan hoor”'( Sarkasties) daar gaan nog n vermoorder op vryevoet”’

sara ·

N mens lewe net een keer hoe vinniger almaal dit aan vaar hoe vinnig sal ons van rasisme ontsla raak. Ons net een hemelse vader wie op hom vertrou is baie ryk want hy sal niks met sy kinders laat gebeur nie so ons almaal is mens maak nie saak water kleur nie as ons saam staan kan ons baie wondere verig so in ons vader se naam vra ek kom ons doen wat reg is amen

Koos ·

Sara, ek verstaan jou gebed, maar nie die rasisme gedeelte met betrekking to hierdie berig nie. Kan jy asb vir ons verduidelik?

Johan ·

Sara ek respekteer jou gebed. Dis net moeilik om die verband met die voorval te maak. Wat bedoel dit as jy opmerk: “hy (die Vader) sal niks met sy kinders laat gebeur nie”. Bedoel jy die vermoordes sou niks oorgekom het as hulle God se kinders was nie? Bedoel jy dat jy self niks sal oorkom nie, omdat jy sy kind is? Dit klink of jy aan die “voorspoedsteologie” glo? Ek wil jou verseker al God se uitverkore kinders beleef ook teenspoed en sterf almal die eerste dood. Ek hou vas aan my sonde verlossing deur Jesus Christus, al gebeur daar soms lelike dinge (uiteindelik my eerste dood) met my in die wêreld…

moeks ·

Nou hoekom sal die pa die polisie kontak? Die huis was gesluit, wie ook al dit gedoen het was bekend aan hulle. Hoekom nie eerder ‘n beloning uitloof sodat die persoon gevang word nie?
Kan nie indink die angs wat hul moes deurmaak nie. RIV

vrystater ·

Wat word van die mensdom is almal mal indien dit die man en pa was hoe kry jy dit reg om jou kinders in die oe te kyk en dan keelaf te sny

Ongloobaar ·

Dit is net onglobaar. Hoe kan iemand so iets doen. Ons land moet regtig die doodstraf terugbring. Mense regte se voet. Mense regte sê dat elkeen die reg tot lewe het en ons mag nie net ‘n lewe vat nie, dit is net geldig vir moordenaars. Ek vra vir Mense regte wat se reg het hierdie weerlose vrou en 3 dogtertjies gehad??????????????????????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.