Vrou eers ure later vir slangbyt behandel

slang

Argieffoto.

ʼn KwaZulu-Natalse vrou moes gister na ʼn hospitaal gehaas word nadat sy op ʼn plaas naby Appelsbosch deur ʼn slang gepik is, maar dit eers ure later agtergekom het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 13:00 na die plaas ontbied. Hulle het die 36-jarige vrou daar in erge pyn aangetref. Haar been en enkel was geswel.

“Die vrou het aan paramedici gesê sy het vroeër die dag ʼn skielike pyn in haar enkel gevoel, maar nie mediese hulp daarvoor gesoek nie. Toe paramedici haar ondersoek, het hulle twee bytmerke aan haar enkel gevind,” het Vermaak gesê. Die vrou is op die toneel behandel voordat sy na die Midlands mediese sentrum gehaas is.

“Dit is nie duidelik watter soort slang die vrou gebyt het nie, aangesien sy nie die slang gesien het nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Chris ·

Die berig skryfster praat van ‘n vrou wat deur ‘n slang gepik is. Maar verder in die berig van twee bytmerke aan haar enkel. Slange kan mense byt, maar nie pik nie. Hoenders, ganse, kalkoene, voels ens. kan mense wel pik.

Cherokee ·

Terwyl taalgebruik ter sprake is Chris, kan jy gerus daarop let dat die woord ‘skrywer’ geld vir manlik en vroulik. Voorts sou dit op die manier waarop jy dit gesê het ‘berig’ ‘skryfster’ een woord wees want dit is een begrip. Die woord ‘skryfster’ word nie gebruik in die Afrikaanse taal nie. Wanneer jy op sg foute wys, moet jy onberispelik wees. Ek sou ‘pik’ nie as verkeerd ag nie want dit dui op die tipe van beweging wat uitgevoer word.

André ·

Chris die berig is 100% reg geskryf. Dalk moet jy net eers ñ verklarende woordeboek vat en lees. Dit sal nie skade doen nie.

jaco ·

die vrou kon dood gewees het en julle gaan aan oor korrekte taalgebruik…

Cherokee ·

jaco, as jy sou dink dat ons stry terwyl sy hulp moet kry is jy hopeloos verkeerd. Sy ìs gehelp lank voor die stryery begin het.

Marianne ·

Byt of pik hang af van die tipe slang! Slange wat hul prooi versmoor byt!
Good grief wat is die verskil? Punt is!!!! Kyk uit vir slange.
Maak jul kinders bewus van die algemeenste slange in julle omgewing. Leer hulle om oop ogies te loop en nie net goed soos klippe en takke op te tel nie. Leer hulle ook die gevare van slange.
Moenie slange dood maak nie – hulle dien ‘n groot doel in die Natuur.
Knowledge is power people!

Roekie ·

Spreektaal. Dalk moet ons sê sy is deur ‘n slang geprik, ha ha.

Reg ·

Almal kla oor taal gebruik- shame.
Kan iemand vir ons sê, hoe dit met die vrou gaan?Dit is tog belanriker .

Cherokee ·

Die vrou met die geswelde enkel wat pyn verduur het is suksesvol behandel daarvoor.

Jano ·

Hahahehe…..die slang op die foto het nie eers tanne …sorry tande nie

Cherokee ·

Dit lyk of die slang op die foto lag, Janna ….sorry Jano.

Dolla ·

Nog nooit in my lewe n gans teëgekom wat pik nie. Hy knyp jou behoorlik pers met daardie snawel van hom.

Siener van Melbourne ·

Hierdie slang op die foto het nie tande nie so hy kan nie pik of byt nie. Hy “gum” jou. So dokter,hierdie slang is onskuldig,rerig.

Willem ·

Ek sal nooit ooit weer my vrou ‘n piksoen gee. Sy gaan my dalk as ‘n slang insien en doodtrap

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.