Vrou eis miljoene ná operasie

stetoskoopʼn Vrou van Noordwes dagvaar die provinsie se LUR van gesondheid nadat daar glo ʼn stuk absorbeerwatte tydens ʼn operasie in haar geslagsdeel agtergelaat is, het The Star Vrydag berig.

“Die eis behels vorige en toekomstige mediese onkostes, hospitaalbehandeling, vorige en toekomstige verlies van inkomste, asook algemene skadevergoeding,” volgens Jean-Paul Rudd van die regsfirma Adams & Adams. Die eis is vir nagenoeg R2 miljoen.

Catherine Mokale het in 2009 pyn in haar maag begin ervaar en ʼn ginekoloog het aanbeveel dat haar baarmoeder verwyder moet word. Sy het ʼn histerektomie ondergaan en twee jaar later weer begin pyn ervaar.

Sy is tydens ʼn opvolgondersoek met siste op haar eierstokke gediagnoseer. Sy het in 2012 weer ʼn operasie ondergaan waartydens daar glo absorbeerwatte in haar lyf agtergelaat is.

Mokale het kort ná die operasie agtergekom dat sy sukkel om te urineer en dat daar ‘n onaangename reuk is. Sy het self die absorbeerwatte verwyder wat hospitaalpersoneel glo in haar agtergelaat het.

Mokale het ʼn klag by die hospitaal aanhangig gemaak, waarna ʼn vergadering gehou is. Sy was nie met die uitkoms van die vergadering tevrede nie en het die voorval by die openbare beskermer aangemeld.

Nog ʼn vergadering is met die hospitaal gehou waartydens sy meegedeel is dat haar lêer vermis geraak het.

Mokale werk as ʼn tydelike werker by Pick n Pay. Sy sorg vir haar seun en gestremde ouers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

PURE BOER ·

As jy gevrot het in die begin kan jy nie na die hosp. toe gaan vir hulp en agterna hulle wil dagvaar nie sonder bewyse van die watte. Self uit gehaal, hel man, dan kan ek ook mos gaan dagvaar en se dat ek ook wate uit n wond gehaal het.

Paplepel ·

Kan ek ook eis? Na my verstandtande verwyder is het die tandarts twee absorbeer wattes in my kies gelos. Hy het gesê dis om die bloeding te help stop, maar ek dink hy was net lui om hulle uit te haal. :-) Miskien kan ek ook skiet vir miljoene? Dink net, ek wen die Lotto sonder om te speel. Ryk sonder om te werk, enige Afrikaan se droom!

Belinda ·

Wel ons vrouens het n goeie voet om op te staan ek weet nie waar gaan die manne se waar het hulle die watte self uitgehaal nie………………. ;-) lekker bietjie humor vir die naweek!

Elizabeth ·

Jammer as ek kru klink Maroela – maar dit word tog in tydskrifte geadverteer en behoort nie aanstoot te gee nie. Dit was heel moontlik ‘n sanitêre doekie wat sy MOES dra na so tipe operasie en dog sy dis watte! As sy dit self kon verwyder was dit nie IN haar vergeet nie ai.. ek wil nie eers verder daarop ingaan nie maar dit klink net belaglik.

"Huh!" ·

Jitte, en sy wil dààroor dagvaar!? Dankie vir die stukkie inligting. Ek het dit nie geweet nie.

Cornelia van Niekerk ·

Ek werk al baie jare in teater. As iemand vir ‘n roetine Dilatasie en kuratasie gaan (D en K), dan maak die dokter die vagina skoon met ‘n Raytex gaas en dit word baie diep skoongemaak. Dis baie moontlik dat die gaas dan kon agterbly en later self afbeweeg en uitkom. Daar word rekord gehou dat al die gaas getel is voor en weer na die prosedure. Hulle kan dit dalk net opvolg. Ek weet nie of dit die presedure was waarvoor sy gegaan het nie. Maar dit klink so.

Ivan ·

Wel Cornelia, die inligting wat jy nou gegee het maak sin na al die ander kommentare wat ek gelees het. Self weet ek niks van daai goete af nie, so n profesionele opinie is altyd welkom, ek glo in elk geval nie prokureurs sou die saak aan vat as daar nie redelike gronde is nie. Dis maar net my opinie. Lekker naweek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.