Vrou eis miljoene oor Vavi

Zwelinzima Vavi Foto: Werner Beukes/SAPA

Zwelinzima Vavi Foto: Werner Beukes/SAPA

Die vrou wat beweer dat Zwelinzima Vavi, Cosatu se sekretaris-generaal, haar verkrag het, eis skadevergoeding van R4.1 miljoen van drie partye, het die Mail & Guardian Vrydag berig.

Jacqueline Phooko, die vrou waarmee Vavi erken het dat hy ʼn buite-egtelike verhouding mee gehad het, het verlede maand die eise by die hooggeregshof in Johannesburg ingedien. Sy eis R3 miljoen van Cosatu vir skade aan haar reputasie nadat die vakbondfederasie ʼn verklaring van Vavi oor haar op sy webwerf gepubliseer het.

Sy eis R600 000 van Vavi omdat hy beweer sy het hom deur die seksueleteistering-saak probeer afpers en dat sy ʼn instrument van sy politieke teenstanders is. Phooko maak ook beswaar dat Vavi in September verlede jaar haar tydens ʼn byeenkoms in die Oos-Kaap beskryf het as ʼn “nopatazana” (ʼn vrou met lae morele waardes).

Phooko dagvaar ook die National Union of Metalworkers of SA (Numsa) nadat Mbuso Ngabane, sekretaris van die vakbond in KwaZulu-Natal, beweer het sy is gedwing om die verkragtingbewering te maak om Vavi se politieke loopbaan te beskadig.

Volgens die koerant voer Phooka aan dat sy as ʼn leuenaar, egbreker, misdadiger, oneerlike werknemer, manipulerende vrou, politieke mol, en ʼn persoon sonder morele standaarde gebrandmerk is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

monika ·

die vrou het n vervolg waagsin.Hoop hulle sit haar op haar plek.

Willie ·

Sy gaan soos ‘n regte gold digger tekere. As die bordjies verhang word en sy staan in die beskuldigde bank sal sy kreun.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.