Vrou en baba sterf in Durban-ongeluk

Foto: ER24

ʼn Vrou en ʼn baba is dood in ʼn ernstige ongeluk Dinsdagmiddag op die M7 in die rigting van Durban naby die Hans Dettman-afrit.

Dit is nog nie duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie maar ʼn vragmotor het teen ʼn taxi gebots en bo op die taxi te lande gekom. ʼn Vrou en baba is onder die taxi vasgekeer en is op die toneel dood. Nog twee vroue is in die taxi vasgekeer en ernstig beseer. ʼn Isuzu-bakkie was ook in ongeluk betrokke. Die bakkie het rekenaar skerms vervoer, wat na die ongeluk oor die hoofweg gestrooi was. Die insittendes van die bakkie is ernstig beseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.