Vrou en baba sterf in N4-ongeluk

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Vrou, vermoedelik in haar laat 20’s, en ʼn sewe maande oue baba is Saterdagoggend oorlede in ʼn ongeluk naby die Doornpoort-plaza op die N4 buite Pretoria.

“Die ongeluk het ongeveer 2 km voor die Doornpoort-tolplaza in die rigting van Brits plaasgevind,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Paramedici het kort voor 10:00 by die toneel opgedaag en ʼn Volkswagen Polo het op sy sy gelê.”

Volgens Vermaak is die vrou en baba ʼn paar meter van die wrak af aangetref. Hulle het noodlottige beserings opgedoen en daar is niks wat paramedici vir hulle kon doen nie. “Hulle is op die toneel dood verklaar.”

Daar was glo nog ʼn vrou en ʼn driejarige kind in die motor ten tyde van die ongeluk. ʼn Ander ambulansdiens het hulle reeds weggeneem voor ER24 by die toneel opgedaag het. Hulle toestand is onbekend.

“Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie. Plaaslike owerhede stel ondersoek in,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

BUSFARK VAN PLETSEN ·

SAFETY BELTS………………………………………………………………………………!

Peet Schabort ·

Korrek Busfark en babastoeltjie(s)?
Dit lyk of hulle by die agterste venster uitgeslinger is.
Ai, só jonk . . .

Johan 2 ·

Baie hartseer…ek verstaan ook nie hoekom hul uitgeval het nie? Die kar lyk nie te sleg nie, persone in die kar sou dit maklik oorleef.

Chris H ·

Dit is so hartseer om dit te sien. Dit kon voorkom gewees het as hul net hul seat belts gedra het. 90% van die tyd roll die jar bo oor jou as jy uitval.
Dit maak my so kwaad wanner ek bestuur en ej sien kinders staan op fie voorste sitplek of babas sit op fie iuer se skoot voor in die kar en nie een het n seatbelt aan nie. Ek sê metro polisie moet hierdie persone sommer tussen R5000 en R10000 beboet vir sulke oortredings want n mens kan nie prys oo n lewe sit nie!

Retha oux ·

Veiligheids gordels is goed en wel, maar my seun se skouer is gebreek omdat die Veiligheidsgordel vasgeruk het. Hy het penne in sy skouer, maar dit maak nie die daaglikse pyn minder

spook ·

Ek kan nie verstaan dat mense met babas ry wat nie vasgemaak is in n babastoeltjie nie! Ouers wat dit doen is duidelik nie baie lief vir hulle kinders nie want n ouer wat rerig sy kind lief het sal alles in sy/haar vermoee doen om n kind veilig te hou. Ek hoop dat die artikel n eye opener sal wees vir baie ouers wat so met kleintjies op die skoot ry of met n kind wat op die sitplek staan.

CHRISTA ·

Ek stem saam met jou eye opener kommentaar!! Ek hoop ander ouers dink twee keer voordat hulle met hulle kinders sonder sitplekgordels of babastoeltjies ry!!!

Miemie ·

twee van my familie lede dood in karongelukke a.g.v veiligheidsgordels….. nie altyd so goeie ding, maar stem dis minder as die wat wel daarsonder dood verongeluk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.