Vrou en kind sterf in botsing

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Argief. Foto: ER24

ʼn Vrou en kind is dood en drie ander beseer nadat ʼn motor Donderdagaand verskeie kere naby Newcastle in KwaZulu-Natal gerol het.

Volgens Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het die ongeluk op die N11 tussen Newcastle en Ladysmith plaasgevind. “Dit blyk dat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het, waarna dit gerol het,” het Bodasing gesê.

Volgens Bodasing is die vrou en kind uit die voertuig geslinger. “Hulle is op die toneel dood verklaar.”

ʼn Man, vrou en meisie is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir geringe beserings.

Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nettie ·

UItgeslinger uit motor = NIE VEILIGHEIDSGORDEL(S) AANGEHAD OF KIND IN MOTORSTOELTJIE VASGEGESPE NIE!!!! Dit is maar net twee van DUISENDE mense wat in die volgende 6 weke op SA paaie gaan sterf.

Human ·

Nettie, hoor wat jy sê, maar ja dis weer daardie tyd van die jaar. Ons moet maar net elkeen op ons paaie opdra aan Vader en vra vir Sy Hand oor elkeen.

Sune van Heerden ·

Dagsê Rukku

Ons vra om verskoning vir die oorsig! Ons wysig die berig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Dee ·

Bettie, JY SKREEU DIT UIT MET HOOFLETTERS (!) maar ons wat ouers is as 30 of 40 het almal groot geword sonder veiligheidsgordels. Dit het ‘n decade of twee gelede wet geword nadat die regering die kommunistiese houding aangeneem het dat jou liggaam aan die regering behoort en dat jy gestraf sal word as jy dit nie beskerm nie. Jy sê geen word daaroor dat iemand, wat miskien nie een van die oorledenes is nie, ‘beheer verloor het’ oor ‘n voertuig waarin mense wat op die vernuf van die bestuurder vertrou het, hul lewens gewaag het. Daarvan spark jy geen word maar jy skreeu slegs oor die safetybelts. Prïoriteite is die wooord.

Peet Schabort ·

Ek verstaan dat dit redelik seldsaam is om ‘n dooie persoon se sitplekgordel te moet losmaak na ‘n ongeluk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.