ʼn Vrou, haar huishulp en ’n plaaswerker is vandeesweek helder oordag op ʼn plaas digby die Suikerbosrand-natuurreservaat in Heidelberg, Gauteng, oorval en aangerand. Die vrou se man was nie tydens die voorval tuis nie.
Kobus Hoffman, lid van die provinsiale wetgewer vir die VF Plus, sê die vier aanvallers het Donderdagmiddag omstreeks 12:30 met twee voertuie die plaas betree waarna hulle die vrou (46) aangerand het.
Hoffman sê die plaaswerker is toe met ʼn kabel in die motorhuis vasgebind. “Hy het nie erge beserings opgedoen nie, maar was erg getraumatiseer,” vertel Hoffman nou.
Stephan Henderson, ʼn paramedikus van die Knights Protection Service, sê hulle het met hul aankoms op die toneel ʼn beseerde vrou aangetref. Die vrou het snye op haar kop gehad en is glo met ʼn vuurwapen oor die kop geslaan.
Die aanvallers het ná die aanval in ʼn swart Mazda 626-motor met geen nommerplate nie gevlug.
Hoffman sê die aanvallers het vermoedelik ʼn vuurwapen gesteel. Hy kan egter nie in dié stadium bevestig wat nog gebuit is nie.
Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Coetzer sê die vrou is na die voorval na ʼn hospitaal geneem om haar wonde te behandel. Sy is ook erg getraumatiseer.
Volgens Coetzer is dit kommerwekkend om te sien hoe plaasaanvalle en plaasmoorde weer ná die Covid-19-afsonderingstydperk beduidend in veral Gauteng, Limpopo en Mpumalanga toeneem.
Maroela Media het ʼn navraag aan kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, gerig en wag op terugvoer.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Sterkte, Wees maar versigtig in die toekoms.
Waarom verbaas dit my nie? Daar was ‘n tyd – voor 1976 – toe S.A. nog sterk, selfonderhoudend en veilig was – maar die kommuniste het skoolkinders gebruik om die huidige pad van anargie, geweld en wetteloosheid aan te wakker – en vandag sit ons met die gemors … reg of verkeerd???
Nog n vrou en boonop n plaas vrou.
#FARMERSLIVES MATTER
N krimineel word deur n wit polisie man per ongeluk doodgemaak oor hy hom teensit en die media laat geen steen onaangeraak om die storie wyd en suid te verkondig nie,wit vroue en kinders word elke dag in hierdie verfoeilike land deur swart mans aangeval, beroof,verkrag en vermoor en die media hou streng by hulle polities korrekte agenda……..hoekom????
Drie plaasaanvalle die afgelope 48 uur: Bosveld, Petrusburg, Suikerbosrant….en ons hou aan net om te praat!!!Afriforum plaas asb elke aanval op internasionale media!Boere moet ASB besef ons leef in ‘n oorlogsituasie…wees ASB wakker en voorbereid