Vrou erg aangerand in aanval op hoewe

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

Die polisie volg alle moontlike leidrade op nadat ʼn 50-jarige ouma van Rustenburg op haar en haar man se kleinhoewe buite die dorp oorval, aangerand en beroof is.

Die vrou het Donderdag omstreeks 13:00 in die kantoor van hul onderneming, wat van die huis op die kleinhoewe bedryf word, gewerk, toe sy voetstappe hoor, het kapt. Elsabé Augoustides, polisiewoordvoerder in Noordwes, gesê.

Een van die werkers is oënskynlik met ʼn wapen gedreig en in die kantoor ingebring. ʼn Huiswerker is ook vasgebind. Die vrou het by die rowers gepleit om te vat wat hulle wou, maar om hulle nie te beseer nie, het Augoustides gesê.

Die aanvallers het die kluis se sleutel in die hande gekry en kontant, ʼn vuurwapen en juwele gebuit. Die vrou is met kabelbinders vasgebind en deur die huis gesleep. Sy is ernstig aangerand en is onder meer met ʼn skerp voorwerp in die rug gesteek terwyl die huis geplunder is. Haar oë was toegeswel en sy moes ná die voorval steke op haar voor- en agterkop kry, het Augoustides gesê.

Die rowers het later met hul buit en ʼn motorfiets wat aan die vrou se man behoort, gevlug. ʼn Wegkommotor het vermoedelik digby die huis gewag. Die tuinwerker was ná die aanval skoonveld. Hy is steeds soek. Die huiswerker was ongedeerd.

Augoustides het gesê die vrou het toe sy die motorfiets hoor wegry, by ʼn venster uitgeloer en hulp ontbied. Sy is na ʼn hospitaal in Rustenburg geneem, waar sy behandeling ontvang het en ʼn tyd lank vir waarneming opgeneem is. “Hulle was baie rof met haar. Sy is ook geweldig getraumatiseer, maar is baie sterk,” het Augoustides gesê.

Die polisie vermoed tussen drie en vyf aanvallers was by die rooftog betrokke. Hulle is steeds op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Woedend ·

My tannie was n paar jaar gelede ook so aangerand in n plaasaanval. Haar voorman was die grootkop in die aanval. Ongelukkig is die wat die aanval uitgevoer het alreeds vrygelaat. 18maande na die aanval. Hulle het gesit vir huisroof en aanranding. Nie poging tot moord of sulke goed nie. Aanranding. Sadly kon my.tannie nie die trauma verwerk nie en het sy selfmoord gepleeg 3 jaar na die aanval.

Lizelda ·

Ja, nee, snaaks dat d 2 werkers nie ook aangerand is nie. Nee wat… ondersoek hulle deeglik.

Dee ·

Ek is baie baie jammer. My hart huil vir ons boere, en ons volkie. Ek is jammer.

Henk ·

dis net ‘n free for all teen wittes, Malema se haatspraak help niks, maak net als erger. wow waar gaan dit einding. Komaan buiteland julle bekke was die grooste , kom help nou.

sweis ·

S.M.R.K niks te doen met minderhede nie,hulle kyk net na “our people” se regte en onderdruk die witmense.

Anon ·

Nou ja, as iemand vir jou alles aanbied wat jy wil vat en jy steek hulle soos ‘n lafaard in die rug, is jy daarop uit om te terroriseer en te moor. Waar is jou stem nou Mnr. Rhamaphosa? Waar is julle stemme nou MRK? Kom vertel ons hoe onderdruk julle was en hoe lank julle só deur ons geterroriseer en gemoor is? Lafaards! Leuenaars!

Koos de Meyer. ·

Wapen in kluis, dit help niks. Jy moet die voordeel van verrassing vir hulle hê. Inside job. Hierdie dinge maak jou boosaardig.

RATEL ·

Innige simpatie maar net nog n voorbeeld van n vuurwapen in kluis niks beteken en nou in verkeerde hande is oor dit nie in jou hande was. Hoop vrou sterk gou aan!

Koos de Meyer. ·

Mm waar is die fotos wat na verwys word in julle berigte.

Francois ·

Mense ons moet opstaan en hierdie geweld aanvat……anders gaan dit net erger erger raak.
Daar is nie meer twyfel oor waaroor dit regtig gaan nie
Hierdie voorval is n duidelike bewys daarvan…..geen twyfel.
En jy is volgende.

PJC ·

Ek dink die tuinwerker was ook deel van die klomp daarom het hy nou verdwyn.

Karel ·

Henk min mense lees maroela so die buiteland weet nie , as julle die dinge in die buiteland wil laat uit kom gaan sit dit op twitter fox news dis al plan , en soek oor see se koerant op en sit dit daar asb.

Anna ·

Wat wil jy hê moet die buiteland doen? Elke land het sy eie probleme

van Es ·

We know Maroela media in the Netherlands. Mister Geert Wilders from PVV. Partij vir die vrijheid has spoken about plaasmoorde. Sadly the Netherlands is such a small country with not that many influence to europe. Last but not last.. you are welcome here in the Netherlands. Immigrate proces is not that hard as it looks like. Wish you all the best.
Greetings from the Netherlands.

Chris Ws ·

Ek hoop hulle was slim genoeg om video kameras binne hul besigheid en buite om die gebou op te gehad het.Daai kameras kos R2000 vir 8 en kan in so aanval hulle geldelike uitleg dubbel en dwars terug verdien.

Alida ·

Francois het jy nou al opgestaan? Sit seker agter slot en grendel en deel raad uit. Mens moet aangaan met jou daaglikse take jy weet.

Francois ·

Alida ja jy is reg, mens moet aangaan met jou daaglikse take en verpligtinge, ons kan nie ophou werk en lewe nie en die daaglikse roetine om einde van die maand geld in die bank te he vir ons en die kinders kan nie net opsy gestoot word nie.

Wat ons wel kan verander, en dis al so baie hier op MM gese, is ons paraatheid en vermoe om terug te baklei as ons nommertjie opgekom het. Dit help nie ons sit soos slagskape op n kleinhoewe / plaas / tuisbedryf en laat Gods-water oor Gods-akker loop en hoop ons is nie die volgende statistiek nie. Of jy nou ‘n familie saam is, of vrou / man alleen, waar-ook-al jy alleen werk, of gaan werk of gaan wees of beweeg en as daar die geringste kans is om deel van die aanval / moord statistiek te raak – BEPLAN jou weerbaarheid en TREF VOORSORG.
Om tuis /te plaas of kleinhoewe te sit en aan te gaan met jou roetine werk in die tyd waarin ons lewe, en dit met n vuurwapen in die kluis toegesluit… is nie net uiters onverantwoordelik teenoor jouself nie, maar ook teenoor die wat ons moet beskerm.

Bitter sterkte aan die ouma wat so seergekry het, hoop u hart en siel is sterk genoeg om hierdeur te kom.

Johan ·

Roof was NIE hier die motief vir die poging tot moord nie! Daarvan is ek baie seker!

Magda ·

Moet hulle nie aanstel nie – daar is baie ander mense wat werk soek, stel WIT mense aan.

se net ·

As die boere wit mense moet aanstel, bied hul n karige salaris vir hul aan. Ek het dit al beleef. Hul betaal minder vir hul eie nasie as vir hul huidige werkers. Want hul weet mos die mense is verlee oor werk.

Attie. ·

Ses Jack Russels is meer werd as twee vuurwapens in ;n kluis.

wonder maar net ·

Waar is die polisie resiviste die VF+ en Afriforum… julle sou dan al iets gedoen het… Of wag julle nou dat ons almal uitgemoor is en dan ‘n flou verskoning uitdink hoekom daar nog niks gedoen was nie (ons het vir die regering gewag)? Bring die KOMANDO’S terig .. hulle het die landelike gebied onder beheer gehad en was dadelik op ‘n toeneel het padblokades gehou en so reeds hoeveel gevang en misdaad voorkom .. daar was nie nasteby soveel moord en roof nie…!!!

Rusty ·

Dit help niks. Na eerste poging van inbraak by ons het ons kamera stelsel laat opsit van R22000. Minder as ‘n jaar later breek hulle regtig in. Ons was gelukkig nie tuis nie. Kyk direk vir die kameras. Polisie het na die footage kom kyk. Hulle is nou nog nie gevang nie. Al 4 jaar terug.

marietjie ·

Jy praat waar’se net’ ons ervaar dit moet my seun.
Werk oortyd kry nie n sent, maar die ander werkers kry (sekere’s)

Piet parys ·

Nie net sommige boere betaal swak salariise vir wit mense nie nie dit gaan oral so want witmense het nie heenkome nie .

Andrea ·

@van Es
Baie, baie dankie. Dis goed om bemoediging uit die buiteland te kry.

van Es ·

@Andrea
Hopefully one day Europe wake up and help. Untill then , be prepared and expect the unexpected to keep yourself and your family safe.
God bless you.

thinus erasmus ·

Hou op om jou persoonlike vyand in diens te neem/ in diens te hou. Dank almal af. Leer om met jou eie volk saam te werk, vergeet van verskonings. Dit is die enigste oplossing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.