Vrou ‘erg geruk’ ná man (54) tydens huisroof sterf

isdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-3

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Man van Bramley in Johannesburg is Sondagoggend vroeg tydens ʼn huisroof doodgeskiet.

Nick Dollman, Netcare-woordvoerder, sê nooddienste is omstreeks 06:00 na die toneel ontbied.

Dollman sê die 54-jarige man het meer as een skietwond opgedoen. “Netcare-paramedici het die man ondersoek, maar kon niks vir hom doen nie. Hy is op die toneel dood verklaar,” sê hy.

Volgens hom is die vrou erg geruk, maar nié in die voorval beseer nie. “Sy was Sondagoggend vroeg steeds op die toneel om haar samewerking vir die polisieondersoek te gee,” sê hy.

Meer besonderhede oor die voorval is nie in dié stadium bekend nie. Dit is ook nog nie bekend wat in die voorval gesteel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sus PE ·

Ek weet sus! O, my whatnot, laat weet die oorspronklike name van die paaie, want hierdie alien goed laat oom Paul nog in sy graf omdraai! Mens gee ‘n straatnaam wanneer lg. vd eerste keer nuut, klaar is?????
Groetnis

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.