Vrou erg onder skoot ná sy kameelperd in SA skiet

Tess Thompson Talley by die kameelperdbul wat sy geskiet het.

’n Amerikaanse vrou wat ’n kameelperd in Suid-Afrika geskiet het, kom erg onder skoot op sosiale media.

Tess Thompson Talley (37) het reeds verlede jaar die kameelperd in Suid-Afrika geskiet. Foto’s daarvan versprei egter nou weer soos ’n veldbrand op sosiale media nadat die webtuiste Africalandpost dit op Twitter gedeel het.

“Gebede vir ’n eens in ’n leeftyd-droomjag het vandag waar geword! Ek het die skaars swart kameelperdbul gesien en hom lank agtervolg,” het Talley destyds op Facebook geskryf met foto’s, volgens USA Today. Die plasing is intussen verwyder.

Volgens die inskrywing was die kameelperd omtrent 18 jaar oud en het dit sowat 1 820 kg geweeg. Die kameelperd het glo ook sowat 900 kg se vleis gelewer.

Talley het intussen in ’n e-pos aan Fox News gesê die kameelperd was van ’n subspesie wat nie skaars is nie. “Die aantal [kameelperde] van dié subspesie is eintlik aan die toeneem, gedeeltelik as gevolg van jagters en bewaringspogings wat grootliks deur grootwildjag betaal word.”

Talley het egter aan CBS News gesê sy het die kameelperd doodgeskiet om te keer dat hy jonger kameelperde aanval. “Dit word deur wildbestuur bewaring genoem,” het sy gesê.

Talley is nie die eerste Amerikaanse vrou om deur te loop oor ’n kameelperdjag in Suid-Afrika nie. Sabrina Corgatelli het in Augustus 2015 erg onder skoot gekom nadat sy ’n kameelperd op ’n plaas buite Phalaborwa geskiet en daarmee op Facebook gespog het.

Die Wêreldbewaringsunie (IUCN) het kameelperde in Desember 2016 as “kwesbaar” geklassifiseer op sy rooilys van bedreigde spesies in ʼn poging om te verhoed dat hierdie diere uitsterf.

Die besluit het gevolg ná navorsing wat deur ʼn span navorsers onder leiding van dr. Francois Deacon, ʼn gespesialiseerde navorser, aan die Universiteit van die Vrystaat se departement van vee-, wild- en weidingkunde gedoen is.

Deacon het destyds gesê baie min mense was tot onlangs bewus van die bedreiging wat kameelperde in die gesig staar. Kameelperde is voorheen as veilig op die rooilys van bedreigde spesies geklassifiseer.

“Dit is tyd om aan die wêreld te wys dat die bevolkingsyfers van kameelperde in gevaar is. Hierdie herklassifikasie van die IUCN is noodsaaklik om die publiek sover te kry om standpunt in te neem en stappe te doen om kameelperde te red,” het Deacon gesê.

Volgens ʼn statusverslag oor kameelperde, wat deur Deacon saamgestel is en by die IUCN ingedien is, het die bevolkingsyfer van kameelperde oor die afgelope 20 jaar met 40% verminder. Dit is vinniger as wat olifante en renosters se getalle verminder het.

Die hoofredes vir hierdie afname in die kameelperdbevolking is ʼn verlies aan habitat, burgerlike onrus en onwettige jagtogte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

Danie ·

Hoe is dit ongevoelig ek’s self ń jagter en volgende jaar gaan ek my kameelperd skiet en weet so die mense gaan my uit haal maar ag wat dit gaan by die een oor in en by die ander een uit….

Peanut ·

Dit moet n groot skill wees om n dier te skiet wat stil staan. Dit verwar my, want kan mens dit dan “jag” noem? Het respek vir n man se skiet vermoe op n dier wat kan hol, en jou skiet vernuf word bewys deur jou kolskoot… Om n kameelperd te skiet…. Is nie n chalange nie… Hy kan nie eers probeer weghol nie… Maak nie sin nie.

Abe ·

Danie,
Jou kommentaar spreek boekdele oor jou karakter. Jy gee niks vir niks en niemand om nie.

Boerseun ·

Die bees en skaap eters tog. Koop seker hulle vleis uit n laberatorium. Mag ek visvang? Is die arme vis nie maar ook oorgelaat aan die moeties wat so lekker op die hoek lê en wag nie.

Willem ·

Boerseun, mense se uitsprake en gedagtes om dit te regverdig is al so verwronge dat baie meer nie die verskil tussen reg en verkeerd kan sien nie.

Johann M van Heerden ·

Die gekla oor jag van wild moet end kry. Dit bevorder die voortbestaan van die diere. Daar sou nie hoenders, beeste, varke of skape in die wereld oor gewees het as mense die diere nie geeet en benut het nie. Eet die mense wat kla die vleis van bogenoemde diere? Dra hulle leer skoene, sit op leerbanke en dra leer handsakke? Kom aarde toe mense!

Lag maar ·

Maar om n siek plesier te kry uit die dood van diere? Die FB foto’s van grotmense wat by hulle jag sit is net om te wys, “kyk hoe sterk is ek, ek maak diere dood, gee my aandag”

Boerseun ·

En die mense wat tog so graag hulle mikrogolf oonde en verwarmers aan sit elke dag, elektrisiteit kom mos van donderweer af en het die maak van krag geen invloed op habitat van diere, visse en voels nie.

John Cooper ·

Bunnyhuggers sal altyd negatiewe kommentaar oor jag hê terwyl hulle sit en kou aan braaivleis wat heel beskaaf by ‘n supermark gekoop is. Hulle stel nie belang om uit te vind hoe die wildbedryf werk nie want hulle wil ‘n rede hê om daaroor te kla.

Casper Labuschagne ·

Trofeejag doen net soveel vir volhoubare natuurbewaring as wat toerisme doen. Toerisme is slegs volhoubaar as dit in plekke soos die Kruger Wildtuin met ‘n ongelooflike natuurskooon, groot wildsgetalle en waar ‘n volledige stelsel van biodiversiteit aangebied word. Maar 80% van alle grond wat privaat en deur die Parkeraad vir wildsbewaring aangewend word hou bitter min besienswaardigheid vir toerisme in . In daardie gebiede is jag en trofeejag die ekonomiese dryfveer wat ten koste van die lewensvatbare benutting van enkele spesies, ‘n hele ekosisteem bewaar. Verbied trofeejag asook die biltongjagters en die gevolge sal rampspoedig wees vir natuurbewaring.

Paul ·

Dis nie trofeejag nie vriend, dis ‘n woord wat jul “trofeejagters” gebruik om julself te sus, die ander ‘n rat voor die oê te draai. Julle kaap die woord vir jul eie gewin. Geen probleem as die dier vir die pot geskiet word nie, maar wat beduie jy dan in die geval van ‘n leeu, so nee, trofee is jul woord. Dit is egter niks anders as om die dier vir die parte van sy lyf te jag nie.

Paul ·

Pomp die andrenalien na die jagter die kameelperd geskiet as hy/sy sien die pragtige dier stort van daai hoogte af neer?

Los die diere uit, trofeejag is net ‘n oëverblindery, net ‘n “mooi” woord om dit eties te laat klink, die werklike is die dier is vir die parte van die lyf te jag.

marous ·

Ou debat oor wilds boere , beskerming en bekerming sal nooit ophou nie.

GM ·

As jy loop en SPOG oor jy ‘n hulpelose dier doodgemaak het, wat sê dit van jou as mens? Daar is mense wat huil as hul hul vee moet laat uitsit, en dan is daar mense wat doodmaak vir die ‘fun’. Ek verstaan dit as jy jag om te oorleef, of as populasies uitgedun moet word, of as ‘n dier ly, maar om so disrespekvol te pronk voor die dier?- daardie behoefte verstaan ek nie. Maar nou gaan ek weer ‘n klomp jagters hoor wat vra: ‘Eet jy vleis’ ens, wat die hele punt gaan mis.

Nienie ·

Ek stem. Die dier se hele voorkoms getuig ook v sagmoedigheid. Dis esteties net nie reg nie. Wie op aarde wil nou n kameelperd eet?

lekker ·

GM. Die vrou lyk vir my heel respekvol voor die dier. Omrede sy nou ‘n foto geneem het is dit disrespekvol volgens jou? Mense wat baie selfies neem in die openbaar sal jy dan ook brandmerk as disrespekvol? ‘n Foto is maar deel van trofeejag. Jagters betaal miljoene om diere te jag wat aangewend word vir bewaring soos Natuurbewaring reeds erken het. In die meeste gevalle van oorseese jagters kry die onmiddelike bevolking die vleis. Hiermee het jy ook seker ‘n probleem? Los mense uit wat doen waarvoor hulle lief het. Dis nie teen die wet om te jag nie.

Pierre ·

Hulle sal seker meer gelukkig wees as hy van ouderdom vrek, of stropers hulle met strikke vang…
Hoeka moes ‘n vriend van my ‘n kameelperd van kant maak wat in ‘n strik gevang was op sy plaas.

Nettie ·

@Pierre, om ‘n dier wat siek of beseer is, of as deel van bewarings- of populasie-beheer of vir vleis vir menslike gebruik dood te skiet, is vir my nog min-of-meer aanvaarbaar.

TROFEE-JAG, soos hierdie (eintlik is dit net eenvoudig doodmaak vir die rede om by magte te wees om dood te kan maak) HEELTEMAL iets anders. VIR WAT OP DEES AARDE WIL JY ‘N LEEU/LUIPERD/KAMEELPERD/RENOSTER/SEEKOEI/WAT-OOKAL-SKIET net omdat doodskiet doodskiet is???

Die flippen wintie Amerikaners het te veel geld en te veel van ‘n dunk van hulself, dit is deel van die probleem. En dan is daar die armsalige, geldgierige Suid-Afrikaners wat hulle duisende $$$ gieriglik ontvang net sodat hulle daardie volgende luukse voertuig, vakansie of skool/universiteit vir hul bloedjies kan bekostig.

kas ·

As die kameelperd dan ‘n bedreigde spesie is hoekom was daar ‘n permit uitgereik vir die jag.Kom ons wees realisties,is dit sonde om te jag.Die arme dame word “uitgehaal”maar sy het eintlik niks verkeerd gedoen nie.Die eienaar van die plaas het die jag toegelaat en sekerlik baie geld gekry.Is dit dan nie waaroor jag gaan nie.O, ja ek is nie ‘n bok om blare te eet nie,ek laaik my vleis dit is net vrek duur.

Jaco ·

Op die plaas boer ek met beeste en skape om aan slagpale te voorsien om geslag te word om in supermarkte en slaghuise verkoop te word. Wildsplase boer met wild en nie net bewaar hulle so n spesie nie maar laat ook om te laat jag en so vestig hulle n bestaan vir hulself anders sou daar geen wild gewees het maar ook beeste of skape. Solank daar eties gejag word sien ek nie n probleem nie en inteendeel jag ek ook elke jaar.

M'Lady ·

Al hierdie oorsese jagters dink hulle het “carte blanche” in Afrika. Tesame met stropery is hierdie trofee jagters besig om ons wild uit te roei. Daar is geen volwasse leeus meer oor in Zimbabwe nie, so jong leeus nie ouer as vier word nou gejag. Hulle kom toets selfs n sekere maak pyl op leeus en olifante. Mense moet begin wakker skrik voor dit te laat is.

lekker ·

M lady. Die daling in wild getale het verseker te doen met trofee jag. As daar nie jagetrs is nie is daar nie bewaring nie. Wild getalle is Zimbabwe is baie laag agv plaaslike Zim groepe wat diere jag en voor die voet doodmaak omdat hulle sogenaam HONGER is.

Carl ·

Daar is in wese meer wilde diere in Suid Afrika as 50 jaar gelede. Hoofsaaklik weens jag en die volhoubare benutting van wilde diere. Nee die uitwissing van diere sal wees weens mense wat hul habit vernietig of in konflik is met hulle, soos leeus wat beeste vreet.

henk boshoff ·

Ag asseblief,Mugabe se sogenaamde grondhervorming het oneindig meer diere gedood as wat jagters ooit kon doen,jou bewering dat jong leeus nou gejag word is loutere snert

Elvira ·

Ag nee man. Het jy nou selfvoldaan gevoel toe jy hierdie pragtige kameelperd doodgeskiet het. Ek sal nooit verstaan hoe mense dit kan doen nie.

Vraagteken ·

Koevoet, moet my nie verkeerd verstaan nie – ek is vir jag (veral as ‘n mens die finansiele voordele oorweeg).

Alhoewel, ‘n mens kry net ‘n trofee as jy iets doen om dit te verdien. Om agter ‘n skoop te sit en wag (en dan betaal) is ‘n bietjie lafhardig. Dis nie ‘n trofee nie, dis ‘n patetiese manier om te spog. Gee vir haar ‘n mes; as sy dan suksesvol is, dan kan sy dit ag as ‘n trofee. Ten minste het die dier dan ‘n ‘fighting chance’.

Willem ·

Vraagteken, jy is 100% reg, mens noem dit nie trofee nie, dis vir die liggaamsdele wat die diere “gejag”, eerder geskiet word.

Ella ·

Watse twak is dit? Beskerm n ouer bul deur hom te skiet om teen jonger bulle te beskerm. Wonder wat sou hy, due kameelperd, daarvan dink. Wild veg dit onder mekaar uit. Die professionele jagter wat haar dit vertel is gek in.sy kop.
Met die buitelanders se baie geld dink hulle kan hulle skiet net wat hulle wil.
Watter jagleier het die bul uitgewys en gese “dis reg skiet hom”
Ek verstaan die jagbedryf bring geld in maar wees tog net oordeelkundig.
Jou dapper vrou eintlik beteken dit niks behalwe dat jy n pragtige dier doodgemaak het en dan spog op FB en Twitter.

Carl ·

Ongelukkig kan die kameelperd nie vergelyk word met die res van Afrika nie. Unieke subspesies. Ek vertrou dieSA populasie is goed en groeidie afgelope 20 jaar.

Jannie ·

Ek jag ook, maar met agting vir die natuur!! Ek het nog nooit gejag ter wille van doodmaak nie!! Die Yanks was nog altyd ‘trigger happy’ grootbekke en hierdie blyk geen uitsondering te wees nie!!!

Susara ·

Geen trofee vir jou Me Amerikaner, gaan google giraffeconservation.org; in die hele Afrika is daar maar 155690 kameelperde, so paar jaar gelede se syfers, en nou gaan staan en skiet jy een en spog daaroor…!

Anoniem ·

Hoeveel beeste,skape ,bokke hoenders varke en wat nog word vrek gemaak elke dag en nie een van hulle kan hulle verdedig nie maar jy sit lekker en die vet van jou mond afvee as jy dit eet. Dit is een kameelperd en ek kan jou verseker sy 900kg vleis het geeet geword. Dus kom by, dit is waaroor alles gaan een ou jag die trofee en n ander ou eet die vleis.

Waarheid ·

Ai mense. Jy kan mos ook sien dis ‘n ouerige dier. Jag bring ‘revenue’ in. Ja ek hou ook nie van jag nie en sal nooit ‘n dier skiet nie. Maar ek het genoeg grysstof om te weet dat hierdie deel vorm van ‘n groter prentjie. Vir ‘n wildsboer beteken dit geld, die vleis word plaaslik gebruik. Die dier kon ook van ouderdom gevrek het???? Dan het niemand niks daarvan gehad nie. So moeg vir mense met oogklappe wat net een kant van die saak sien.

Judge Dredd ·

Jy is verkeerd – die mens was slim genoeg om ‘n vuurwapen te ontwerp.

Paul ·

Hoekom gaan julle nie sso tekere as daar elke dag berig word van diere wat in strikke gevang word en vergiftig word vir muti nie. Kry jul prioriteite reg.

Michael ·

Kyk eerder hoeveel boere vir niks doodgeskiet word as om julle aan ‘n trofee jag te steur.

tasha ·

Dis regtig walglik nee genade dan betaal hulle nog om so iets te doen…. plaas hulle daai geld betaal vir die beskerming van die diere nie om hulle dood te maak nie SIES VIR JULLE JAGTERS SIES SIES SIES>>>>>>>

Huil ma ·

Die geld van daai 1 jagter se jag is meer na natuur bewaring as wat jy en jou hele gesin ooit sal kan betaal.

Rerig, Rerig??? ·

Glo my, Rerig…. daardie dier het n kans teen n jagter. Wanneer jagter “walk&stalk” is dit gladnie so maklik nie. Soms bekruip jy n dier vir ure…dae. dis harde werk en verg deursettingsvermoeë van die jagter.

Probleem ·

Ek het geen probleem met jag as die jagter die dier kan skiet sonder om hom te laat ly nie. Ek het ‘n probleem met kinders wat jag. Ek het ‘n probleem met diere wat besig is om uit te sterf, wat gejag word. Ek is nie ‘n voorstander van trofeejag nie. Ek hou nie daarvan as jagters brag teenoor mense wat gevoellig is oor diereregte nie.

Laat ons dan sien. ·

Ek verstaan van jag vir vleis, bewaring, troppe uitdun ens. ens. Trofeejag is siek om die minste te sê. Enige iemand kan ‘n dier met groot kaliber geweer met ‘n teleskoop skiet. Geen prestasie nie, geen eer nie. Jy, meneer trofeejagter, kan jouself op die skouer klop en jou selfie op FB en Twitter deel as jy daardie wilde dier kon bekruip en sy keel afsny. Dan het jy ‘n trofee. Enige iets anders is skyfskiet.

Ed ·

Enigste manier om geld in te samel op wildsplaas. In verlede was dit nie nodig nie te danke an regering subsiedies

Abe ·

Laat ons dan sien,
Jy het die hele debat goed opgesom: Trofeejag is siek om die minste te se.

Andre ·

Die jag word beheer en as sy nie die kameelperd geskiet het nie sou iemand anders.

Abe ·

Huil ma, Andre en Ed,
Dit alles maak jag nog nie n prysenswaardige praktyk nie, trouens dit bly n laakbare optrede.

Nuusflits ·

Met die geld wat sy betaal het hiervoor het ay meer kapitaal bygedra na natuur bewaring as enige van julle kla kouse. As jy dink jou gekerm, vyf rande en besoekies aan wildsparke dra enigsins by tot natuur bewaring is jy al van die wal af in die see in. Een of twee groot wild jagters ‘n seisoen bring meer geld vir wildsboere as reisigers. Moet nou ook nie jouself mislei deur te dink ons wonderlike regering subsidieer enigsens vir natuur bewaring nie.

Anoniem ·

As grond onteiening gaan plaasvind dan gaan daar nie so baie wildsplase wees nie.ek was onlanks op n plaas wat terug gegee was en binne 30min se loop het ek 17 strikke gekry en een 42duim kudu karkas wat in strik gevrek het.ek sit liewer voor daai kudu wat ek gejag het as wat hy in strik gevang is .

ferdi ·

Noem jy dit jag is om van siek te word so groot dier sies skande

Manie ·

Het almal wat so kla al gewonder sou sy so pose as dit onwettig was? Sou sy op n foto spog as dit onwetgig was? NEE. My punt is solank dit nie onwetig is nie dink ek nie dis verkeerd nie.

Lerato ·

As kameelperde se getalle met 40% gedaal het, moet mense weer dink. Skiet dan maar eerder n rooibok. Daars baie van hulle

Boerseun ·

Myne het in twee jaar verdubbel, het nou 30. Kan jy my bewyse stuur van jou 40% en oor watter tyd? Dan Boere se getalle het met omtrent daai syfer gedaal oor plaas moorder, ek sien nie jou gil daaroor nie.

Koos ·

Raak rustig mense. Party mense spog met tatoeërmerke, ander met karre of klere. Heel onderaan die beriggie word drie redes gegee vir afname in die diere se syfers. Hierdie wettige jagtog is nie een van hulle nie.

Natascha ·

Ag nee, wat sien geen fout met dit. daar is n rede hoekom die boer die kameelperd laat skiet het. Almal wat so kla eet sekerlik nie vleis. Waarom dink jul is daar jag plase???
Ek self het nog nooit gejag, maar ek eet graag wildsvleis. Als word wettig en met die boer se toestemming gedoen. Moenie altyd net wil oordeel.

Anoniem ·

Daar staan heel duidelik in die berig dat hierdie besondere kameelperd se getalle “kwesbaar” is. Hoekom het sy een van ons bedreigde spesies kom skiet. Dit is onaanvaarbaar. Sal sy daarvan hou indien ‘n Suid-Afrikaner een van hulle diere wat bedreig is gaan doodskiet. ?

Donderbos ·

Ag julle smul so leer aan die biltong maar dit kom nie van wild of dier nie die slaghuis voorsien dit
so

kas ·

Donderbos,ek wil dus glo dat al die anti-jagters hierbo nie vleis eet nie en duidelik is hulle oningelig oor die jagbedryf.Soios jy tereg opmerk,wat van die biltong wat jy in die slaghuis koop,wat van die vleis wat jy in die slaghuis koop.Nee wat ek jag my bok vir vleis en nie om weg te gooi nie.So antijag gaan kry jou feite reg.Welgedaan mevrou Talley

Willem ·

Ek geniet my biltong, baie, ek geniet my wildsvlies- en wors, baie, het al self gestop, maar om eties te jag en vir die pot, was nog altyd aanvaarbaar, niks mee verkeerd nie, dis die trofeejag waaragter die mense skuil om onetiese jag te regverdig, hulle jag nie vir die “trofee” nie, maar hulle jag die dier vir sy liggaamsdele.

Skiet Dood ·

Hoekom geniet sommige mense dit om dood te maak vir die pret en vir hulle ontspanning? Wat eens ‘n pragtige dier was lê dood en die brawe mens pryk vir foto’s om te wys hoe heldhaftig en goed hy/sy is. En die skares klap hande en gil van lekkerkry en plesier.

Adam ·

Ek is nie ‘n jagter nie, maar vind die debat lagwekkend. Daar word daagliks op mense “jag” gemaak in SA en daar is selde so’n bohaai.

… en die skitter blinknuwe motor wag … ·

En diegene wat hope geld maak daaruit om diere dood te skiet praat dit goed en gooi selfs woorde en frases soos “eties” en “natuurbewaring” en “dit is reg om diere dood te maak” vrylik tussendeur want hulle weet die nuwe kragtige 4×4 wag vir hulle om mee te spog.

Kellies ·

Julle druiwe is lekker suur omdat julle hom nie kon skiet nie. Hehe, dit wys net hoe onkundig julle is oor Jag ens. Ek lag lekker vir julle.

Jagtydskrifte in my plaaslike supermark verwyder ·

In my plaaslike supermark het mense begin kla oor die jagtydskrifte op die rak tussen die ander tydskrifte. Meer mense het begin kla en nou is alle jagtydskrifte van die rak verywyder en word nie meer uitgestal en verkoop nie. Dit was ‘n baie goeie initiatief en ‘n goeie begin. Hoop dit sal by ander winkels ook gebeur.

Moegvirkla ·

As dit ‘n totale bedreigde spesie was, en gejag is sonder permitte en behoorlike huiswerk oor watter dier, waar en hoekom hy geskiet kan word, sou ek saam met al die kla-kouse gestem het. Maar dit wil lyk asof alles in plek was, so waarom nie die jag toelaat nie. Plaas dat almal eerder so tekere wil gaan oor die leeus wat vermoor en vermink is die afgelope naweek!!!Ek was al op daai plaas waar die leeus vermoor is, en ek bedoel vermoor, en daai mense is stukkend oor hul verlies. Die kameelperd was verseker ‘n deeglik beplande jag met deeglike onderneming en toestemming.
Of is dit omrede dit ‘n Amerikaner is? Skiet ons “locals” nie ook kameelperde, leeus, luiperds, renosters ens ens nie??

Willem ·

Lees waaroor hul griewe gaan, oor die “trofeejag”. Dan lyk dit my oor die algemeen is hulle sommer net vies oor die swak naam wat die bedryf gegee word. Hoe en die manier waarop mense dit regverdig dat dit eties. As dit nie renoster is nie, dan is dit leeu, as dit nie leeu is nie, dan is dit ‘n volgende spesie, so karring dit aan. Dalk moet die hele bedryf van vooraf gereguleer word, ‘plase’, permit toeken, de lot.

LS ·

Weet enige iemand waar kan ek kameelperd biltong koop….Ek is nie ‘n jagter nie maar is al bietjie moeg vir kudu, rooibok en bees.

Wim ·

Die eksotiese een is blykbaar krokodilstert sosaties oor die kole, maar weet ook nie waar mens dit te koop kry nie. (Ek het dit jare gelede een maal op ‘n bosfees gesien, maar toe nie probeer nie. Dit is klein porsies vleis en is die sosatie maar kleinerig.)

Steps ·

Dit is nie ONS kameelperde nie dit is die wild boer sn wat hy self bewaar en laat vermeerder op sy koste en oordeelkundig mee boer dit is sy lewe , hy kan binne die wetlike reels daarmee handel dis SY besighied, julle mouners sal ook oor alles raas en dis nie een s jou goed nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.