Vrou erken seksuele verhouding met modelbaas wat haar glo verkrag

Dawie de Villiers in die hof. Foto: ANA

Dawie de Villiers in die hof. Foto: ANA

ʼn 20-jarige vrou wat Dawie de Villiers (35), die modelagentskap-eienaar van Kemptonpark, van verkragting beskuldig, het Woensdag erken dat sy ʼn seksuele verhouding met hom gehad het voordat hy haar glo verkrag het.

“Ek het twee keer met hom seks gehad,” het die vrou in die hooggeregshof, wat in Palm Ridge sit, getuig. Jacques Pienaar, De Villiers se regsverteenwoordiger, het die vrou vroeër gevra om ʼn verklaring aan die hof voor te lees waarin sy beweer dat die verkragting by De Villiers se huis plaasgevind het.

Die vrou, wat 15 jaar oud was ten tyde van die beweerde voorval, het toe erken dat sy voorheen met De Villiers seks gehad het en dat sy nie ʼn maagd was toe De Villiers haar glo verkrag het nie. Die vrou het vroeër getuig dat sy wel ʼn maagd was toe die beweerde verkragting plaasgevind het.

“Ek was bang,” het die vrou geantwoord op ʼn vraag van Pienaar oor hoekom sy vroeër aan die hof gesê het sy was ʼn maagd. Die vrou het vroeër getuig dat sy gevoel het De Villiers het haar verkrag, aangesien sy nie geld gehad het om die modelagentskap te betaal nie.

“My ma het nie geld gehad om vir die modelwerk te betaal nie en Dawie het gesê hy sal my borg. Miskien was dit die manier om hom terug te betaal,” het die vrou aan die hof gesê op ʼn vraag oor hoekom De Villiers haar sou wou verkrag.

Pienaar het haar ook gevra waarom sy nie om hulp geskree het tydens die beweerde verkragting nie. “Ek het nie gedink iemand sou my hoor nie,” het sy geantwoord. Sy het bygevoeg dat die beweerde verkragting laatmiddag gebeur het en dat “harde musiek gespeel het.”

Pienaar het ook aangevoer dat De Villiers nie met een hand ʼn kondoom sou kon aansit soos wat die vrou Dinsdag in die hof beweer het nie. Die vrou het egter aan die hof gedemonstreer in watter posisie sy en De Villiers was voor die beweerde verkragting en hoe hy glo die kondoom aangesit het. Volgens die vrou het sy nooit vir ʼn doktersondersoek gegaan ná die beweerde verkragting nie.

“My ma en pa sou my verhoed om verder modelwerk te doen as ek hulle vertel het. My ma het vir my gesê die modelwerk is ʼn slegte idee en sy wou nie gehad het ek moet dit doen nie,” het die vrou getuig.

De Villiers staan tereg op 38 aanklagte, onder meer verkragting, seksuele aanranding, die besit van kinderpornografie, meineed en bedrog. Die saak gaan Donderdag voort.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

jenna ·

Lees ek reg? Sy het twee keer met hom seks gehad VOOR die beweerde verkragting? En sy erken sy was nie n maagd met die “seks met toestemming ” nie? Maar met die verkragting NA die “seks met toestemming” was sy n maagd? Hoe is dit moontlik.

Jakoba ·

Jenna al gehoor van verkragting in huwelike/verhouding. Wanneer die man homself op die vrou afdwing al het sy enige intimiteit met hom geweier kom op verkragting neer. Dit het niks te doen met jou maagdelikheid nie. Wil jy nou vir my se as ‘n man jou more verkrag dan is dit nou nie verkragting nie want jy is mos nie meer ‘n maagd nie.

Rieks ·

O aarde – hier is alles besig om agter uit te gaan – tot sy het ‘n wonderwerk beleef :-D
Kan een mens jou naam so met ‘n plank slaan? Nou gaan niemand wat teen hom getuig weet of hulle geglo gaan word of ook ongeloofwaardig bewys word… MAAK seker van feite voor julle getuies roep. (Ek steun glad nie die aanklag nie, maar met iets so gewigtig moet almal seker wees van die ware feite).

my opinie ·

Luister sy was 15 toe die goed gebeur het – wat weet ‘n kind. Al is mens getroud met iemand het hy NIE die reg om jou te verkrag nie. Enige seks wat op gewelddadige wyse gekry word is SIEK.

ANTI-MODEL ·

Niks gee enigeiemand die reg om iemand anders te verkrag nie, maar ek sê dat as ‘n 15-jarige, vrywilliglik seks het met ‘n getroude man in sy 30’s, dan is daar groot fout. Net soos ek van mening is dat as ‘n 14-jarige vir dieselfde man foto’s van haar geslagsdele stuur, daar ook fout is. As ouers sou ek ook nooit my 15-jarige sommer net alleen by so ‘n man gelos het om haar af te neem nie, en ook nie in ‘n bikini nie. Meng jou met die semels en die varke vreet vir jou op. As tienermeisietjies hulle wil besighou met grootmensdinge…dan moet hul nie die onskuld van self probeer speel nie en hiermee sê ek nie dat sy dit verdien het of dat die die man die reg gee om die kinders seksueel aan te rand nie, maar hoeveel inligting soek ons jeug nog? Daar is soveel programme en instellings wat die jeug van vandag wil bemagtig deur hulle in te lig rondom die gevare van seks en dinge daar buite. Ek sê steeds dat enige goed opgevoede kind in die eersteplek nie op 15 met ‘n getroude man sal seks hê nie.

Jakoba ·

Anti ek stem saam met jou MAAR, hierde soort mans is baie glad met die mond en hulle “groom” hulle slagoffers deur geskenke, komplimente en die kind dink later die man is lief vir haar en sy vir hom en plaas sodoende druk op die slagoffer deur haar/hom skuldig te laat voel, hulle dreig ook as sy/hy die wil toegee nie en raak dan geweldadig wat weer vrees inboesem by die kind. So raak dit ‘n bose kringloop. Sy was ook bang om vir haar ma te vertel, en ek glo hy het dit tot sy voordeel gebruik wat haar weer magteloos laat voel het.

Nina ·

Is dit net ek wat bietjie deurmekaar is met die hele storie? Dit was tog sy wat in die vorige berig genoem het dat hy die ‘morning after pill’ aan haar gegee het? Maar daar is kondoom gebruik? En Kateriena, sy het wel voorheen gesê dat sy ‘n maagd was met die verkragting. Lees jy gerus ook maar weer. ;)

pop ·

Daar gaan dadels van die saak kom. Het van die begin af gese dis n ex vrou wat wil wraak neem, dis hoekom hy nou daar sit. Die een seun het reguit gese hy is nie kwaad vir die man nie want hyt niks gedoen nie. Net vir hom fotos gewys. Baie ouers wil tog so graag hulle kindertjies beroemd sien en die geld sien inrol. Dis n harde ongenaakbare wereld, en die kinders word al jonger op die voorblaaie en loopplanke.

Anre ·

Nee wat. Ek sien iemand roep wolf. Die “kinders” vandag is glad nie so vroom en onskuldig soos wat party mense dink nie. Hulle weet presies wat hulle doen. En ja, verkragting bly verkragting, maar om ‘n man uit te lok sodat jy hom later van verkragting kan beskuldig…? Wie is nou die eintlike slagoffer hier?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.