Vrou erken skuld ná onnie-aanranding

Itumeleng Lizbeth Letsepe. Foto: ANA

Die 40-jarige vrou wat daarvan aangekla word dat sy ʼn onderwyseres met ʼn sambreel aangeval het, het Donderdag skuldig gepleit op die aanklag teen haar in die Mankwe-landdroshof in Mogwase in Noordwes.

Itumeleng Lizbeth Letsepe staan tereg op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat sy Mpuseng Sepotokele (52) glo vroeër vanjaar by die Leema Primary School in Tlhatlaganyane buite Rustenburg met ’n sambreel bygedam het. Sepotokele het in die voorval beserings aan haar kop en hande opgedoen.

Maroela Media het vroeër berig Letsepe het die onderwyseres daarvan beskuldig dat sy haar kind sleg behandel en het glo gesê dat sy die onderwyseres “’n les gaan leer”.

Die saak teen Letsepe is tot 25 Julie uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

SjN ·

Wil alles met geweld oplos as hul nie hul sin kry nie. Hoop die waarheid kom uit.

ES ·

Ek is bly Itumeleng het my nie met ‘n sambreel bygedam nie… dit lyk asof sy nogal kan skade aanrig.

Heksie ·

Soms moet ouers na die onderwysers eerder luister as na hul brat kindertjies wat stories verdraai om simpatie te kry!

Julie Jansen van Rensburg ·

My driestuks het baie vroeg in hulle lewens geleer dat daar so ‘n woord soos “DISSIPLINE” bestaan en dat die onnies dit kan – en SAL toepas as hulle nie hulle ore oopmaak nie. Oorlé Ma het altoos gesê: “Wie nie ore het nie, moet voel…” en nee, dis NIE ‘n kwessie van heeldag “TIMMER” en voeter nie – slegs wanneer hulle nou te ver probeer gaan het hulle sitvlakkies met die plathand of plak kennis gemaak, en my seun het op twee geleenthede “MENEER ROTTANG” geleer ken… vandag is my oudste 60, my seun in sy 58ste en jongste in haar 56ste jare en aldrie is hardwerkende kinders op wie ek trots is en wat op my oudag wonderlik na my omsien…. dankie aan die HERE vir hulle…

George in Bloem ·

Het die onnie die aanval darem oorleef? Ek vra namens ‘n vriend.

ne ·

Wonder hoekom sy nie liewer ‘n onderwyser geword het nie. Dan sal daar dalk dissipline in die skool wees. Ons moet net die rottang/sambreel voorsien. Maar haar eie bloedjie is seker die slimste.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.