Vrou ernstig beseer in Sandton-botsing

Foto: Netcare 911

ʼn Vrou het Vrydagmiddag ernstige beserings opgedoen in ʼn botsing in Sandton.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het die botsing op die hoek van Katherinestraat en Pretoriaweg in Sandown plaasgevind.

“Twee motors het glo gebots waarna een van die motors teen ʼn lamppaal vas is. Gevolglik was die insittendes in die wrak vasgekeer.”

Herbst het gesê meganiese toerusting moes gebruik word om die man en vrou uit die wrak te bevry.

“Die vrou het ernstige beserings opgedoen. Paramedici van Netcare 911 en Emer-G-Med het haar op die toneel gestabiliseer voordat sy per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere ondersoek.”

Die presiese omstandighede rakende die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Barno ·

Ongelukkig is jou kanse in ‘n Datsun Go van die begin af nie baie goed nie. Insittendes sou waarskynlik baie beter gevaar het in ‘n veiliger voertuig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.