Vrou ernstig beseer ná hond haar aanval

Foto: ER24.

ʼn Vrou is ernstig beseer toe sy deur ʼn hond aangeval is toe sy in ʼn Pretoriase woonbuurt gaan stap het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Woensdagaand in Rooshoutlaan in Centurion plaasgevind.

“Die paramedici het die vrou op die sypaadjie aangetref. Sy het verskeie bytmerke aan haar arms en bene opgedoen,” het Meiring verduidelik.

Die vrou is op die toneel behandel en sy is pynmedikasie toegedien voor sy na Meulmed Mediclinic vervoer is vir verdere mediese behandeling.

Die vrou het glo later aan paramedici verduidelik sy het padlangs gestap toe die hond haar aangeval het. Hy het blykbaar ná die aanval by ʼn nabygeleë erf in gehardloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Alet Kotze ·

Ek wens so honde eienaar wil seker maak hul honde is in die erf en kan nie uit kom nie. Jy lees gereed Van mense in meeste gevalle ou mense Wat aangeval en verskeur is deur honde. Ek woon in Arconpark Vereeniging en ek stap graag in die oggende en al n paar keer benoude boude gehad met honde Wat op my afgestorm het.

johnny_walker ·

Twee dinge wat my irriteer , een is mense wat nie hulle honde in hulle erf hou nie en dink dit is hulle reg dat hulle honde die wereld vol loop en aanjaag , sulke mense moet swaar boetes opgele word , tweedens is mense wat dink dit is snaaks om honde agter hekke te treiter , dan kom die hond eendag uit en byt iemand , as ek iemand sien n hond treiter b*&^% ek hom net daar

CQ ·

100% die homde eienaar se nalatigheid!
Ek sien daagliks hoe mense se hekke oopstaan. Ek en my kinders kan nie eens vir stappies gaan nie, wat nog te sê van jou honde vat vir n draf!?
As jy n hond wil aanhou (skoottrappertjie of mensvreter) Maak seker jou erf is TOE!?

Aapstert ·

Dis sekerlik nie die eerste keer dat daai hond iemand byt nie. Sy sal moet terug gaan, ‘n klag maak en die hond sal vankant gemaak moet word.

Karmi ·

Onaanvaarbaar dat mense deur ander mense se nalatigheid so wreed aangeval word!
Ek stap nou maar met my vuurwapen!

Lou ·

Ek dink dat honde-eienaars in hulle persoon verantwoordelik gehou moet word vir hulle honde. So as jou hond iemand doodbyt word jy aangekla van moord. As die hond byt word die eienaar aangekla van aanranding met die doel ens.

Swartkat ·

Eienaars van honde is siviel aanspreeklik vir skade wat hulle honde aanrig so dagvaar hulle vir skade vergoeding dit is al hoe mense leer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.