Vrou ernstig beseer ná trein met motor bots

Die ongelukstoneel. (Foto: ER24)

Die Vrystaatse polisie ondersoek ’n saak van nalatige bestuur nadat ’n vrou Dinsdagoggend met haar motor voor ’n bewegende trein in Bethlehem beland het.

Die vrou het ernstige beserings in dié voorval opgedoen.

Volgens konst. Puleng Lebakeng, woordvoerder van die polisie, het ’n vrou uit die rigting van die Morelig-woonbuurt in dié dorp in die rigting van Mullerstraat gery toe sy besluit het om te versnel om vinnig oor die treinspoor te ry terwyl ’n aankomende trein al nader beweeg het. Haar motor het egter op die treinspoor skielik tot stilstand gekom en die trein het die motor getref.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is na die ongelukstoneel ontbied. Die vrou is buite haar motor aangetref.

Volgens Meiring het die vrou veelvuldige beserings in die voorval opgedoen. Sy is op die toneel behandel en pynmedikasie toegedien voordat sy na die Mediclinic Hoogland-hospitaal in die dorp gehaas is.

Niemand in die trein is in die voorval beseer nie, het Meiring verseker.

Die toepaslike owerhede was vanoggend op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Kaas ·

Wat is die kans dat n kar net eenvoudig ingee en op die spoor beland, lyk vir my nuut ook, geen nommerplaat? Dalk in die haas deurmekaar geraak en die automaties in neutraal gesit of iets..

Babalaas ·

Wou dalk versekering eis! Hou stil op die treinspoor? Hoekom?

JSO ·

Relatief min skade aan haar BM. Trein kon seker nie baie vinnig gery het nie?

Marius ·

Polisieman: Mevrou, watter kode bestuurderslisensie het jy?
Motoris: Eish, code 10…

Cherokee ·

Meiring het darem kon vertel niemand in die trein is beseer nie.

Johan ·

Daai X5 het die inpak baie goed gevat! (Sy kan bly wees sy was nie in ‘n Citi Golf nie)

???? leser ·

om na die skade aan die blik met wiele te kyk kan ek net se dat sy nie baie seer kon gekry het nie, versekering gaan haar defenitief ook nie uitbetaal nie, die dem ding het ‘n rekenaar in wat onthou wat oor n tydperk gebeur het

Ivan ·

Sy het versnel en toe gaan staan die kar sommer net ewe skielik, en dit nogal presies op die treinspoor…… huh…

Saint ·

Mens soek nie skoor met ‘n trein nie. Jy dink jy gaan dalk tyd wen deur voor die trein te ry, maar die trein is groter en jy kan dalk NOOIT by jou bestemming uitkom nie.
Ek verkies maar te wag liewer as om my kar tel laat buig.

Leon ·

Sy ry ‘n DDM. Wat verwag julle. Die trein moet stop vir haar. Sy het meer reg as ‘n trein. Dit is mos standaard praktyk van die DDM eienaars. kyk maar op die paaie hoe hulle tekere gaan.

Mandisa ·

Eish, the train was far when I stopped on the train tracks for a selfie.

jAN ·

n trein wek n magnetiese veld op wat n motor wat op die spoor is se enjin laat stol ,blykbaar gebeur dit wanneer n trein stadig ry. as kind was ek saam met my ma susters en broer in n soortgelyke voorval op n treinspoor tussen orkney en klerksdorp so dit gebeur…..

Tesla ·

Jislaaik Jan. Die magnetiese veld storie is baie interessant. Wil jy nie asb meer vir ons vertel daarvan nie? Wat daarvan as die kar ‘n diesel enjin het – sal dit ook vrek of werk dit net op petrol enjins?

Michelle ·

Indien sy versnel het, soos die berig lees, sou momentum nie die kar oor die spoor laat gaan het nie? Wetie, dalk is ek oningelig…

Suleen ·

My man het aan my verduidelik dat dit te doen het met n magnetiese veld wat die trein opbou op die spoorlyn. Dit affekteer n motor se enjin as die trein naby is. Dis hoekom mens so baie hoor van motors wat op n treinspoor vrek en nie weer wil aanskakel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.