Vrou ernstig beseer toe gebou brand

Die brandweer en nooddienste op die toneel. (Foto: Netcare 911)

ʼn Vrou het ernstige brandwonde opgedoen nadat sy Saterdagmiddag deur vlamme in ʼn brandende gebou in Sunnyside, Pretoria, oorval is.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is omstreeks 16:20 na die toneel in Pleinstraat ontbied. “Daar het hulle gesien die boonste verdieping van ʼn vierverdiepinggebou word deur vlamme verswelg,” sê hy.

ʼn Vrou kon daarin slaag om uit die brandende gebou te kom, maar sy het ernstige brandwonde opgedoen en moes vir rookinaseming behandel word.

“Sy is op die toneel gestabiliseer voordat sy na ʼn hospitaal gehaas is,” sê Herbst.

Die oorsaak van die brand is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

ano ·

Die eens “elite” buurt is vernietig tot niks. Ek is nie verbaas daar brande uitbreek nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.