Vrou ernstig beseer toe honde haar takel

(Argieffoto: Pixabay)

’n 47-jarige vrou is glo ernstig beseer toe sy Dinsdag deur drie honde by ’n huis in Miederpark in Potchefstroom, Noordwes, aangeval is.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het die vrou veelvuldige bytbeserings regoor haar lyf opgedoen. Dit is nie duidelik watter soort honde die vrou aangeval het nie.

“ER24 en [die maatskappy] Moorivier Beskerming het om 08:26 by die toneel aangekom waar die vrou by die voordeur van die huis gelê het.

“Sy is op die toneel behandel en van gevorderde lewensondersteuning voorsien voordat sy na ’n nabygeleë hospitaal vir dringende behandeling vervoer is.”

Volgens Meiring het die buurman die vrou hoor gil en oor die heining gespring om haar te help.

Die man het glo skote op die honde afgevuur toe die diere hom na bewering ook wou aanval.

Dit is nie duidelik aan wie die honde behoort en of die vrou in die betrokke huis woon, werk of gekuier het nie.

Maroela Media het ’n navraag aan die polisie gerig en wag tans op terugvoer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

jlantie ·

Dries hoe kan jy so sê. Ons is van jare gelede tot nou genoodsaak om die beste en sogenaamde sagste middel tot sekeriteit vir ons self aan te wend….of dit nou ñ worshond of leeu was jou komentaar is swak

Bigshow ·

Dries, ek neem aan jy besit nie ‘n pitbull en het seker ook nog nooit 1 besit nie. Wel ek het 12 honde waarvan 4 pitbulls is{1 is ‘n APBT en 3 is Pitt X Rottweiller}, my 4 pitbulls is rustiger as my Labradane{Labrador X Great Dane} en selfs my Doxi- pin{ min dobberman x worshond}. My 4 pittbulls is opgelei, gehoorsaam en deel van my huisgesin, moenie die honderas blameer vir die eienaars se nalatigheid nie.

piet ·

Hendrik – Jou honde kan hoe goed opgelei wees, jy kan nie natuurlike instink uit-“coach” nie. Ongelukkig is dit nag as Pitbulls se koppe uithaak wanneer hulle nie onder hul eienaars se beheer is nie. Net eenvoudig te gevaarlik om aan te hou in digbevolkte omgewings in my opinie. So terloops- het jy ‘n permit om so baie honde aan te hou? Ek sien Kaapstad se regulasies is nou baie streng. Nie meer as 2 honde nie. As jy meer wil aanhou moet aansoek gedoen word vir ‘n spesiale permit en dit gaan nie maklik toegestaan word nie.

Jean ·

As dit 3 pitbulls was dan sou die vrou dood gewees het. Dalk is die vrou nog verkeerd en die honde het hulle erf opgepas…

piet ·

Jean, ek het presies hierdie ding gese maar dis nie geplaas nie. Die punt is, Pitbulls byt om dood te byt, al hoeveel sulke ongevalle gehad. Hierdie eienaars moet tronk toe gaan as hulle honde mense opstraat aanval en doodbyt.

Jean ·

Dit moet geld vir enige hond, almal huil pitbulls mar die mense kruis die honde en noem dit nogsteeds pitbulls.

krodedil ·

Toe kom dit uit. Dit was toe pitbulls. Ek hoop die eienaar word regsaanspreeklik gehou vir pyn en lyding. Dit het tyd geword om Bitbull te verbied in SA.

Jean ·

Dit sal nooit gebeur nie, doen bietjie huiswerk en kyk hoeveel duisende pitbull eienaars is in SA. Hou die eienaars verantwoordelik om hulle honde in hulle erwe te hou of as daar kuier mense is die honde op ‘n ander plêk te sit.

Maggies ·

Dis goed om deesdae kwaai honde te hê, MAAR hulle MOET goed opgelei wees om te luister na gesag.

piet ·

Die gesag is nie altyd teenwoordig nie en dis dan wanneer die paw paw die fan slaan.

Johnny ·

Die feit dat daar ‘n muur rondom die plek is (die buurman moes oor die ding spring) sê dat daar nie sekerheid kan wees hoe sy dan ingekom het nie, en of sy toestemming gehad het om daar te wees nie.
Honde wat hulle plek beskerm doen presies waarvoor hulle daar is.

Pierre ·

Miskien het die buurman n muur om sy plek en die plek waar die aanval was nie omhein was nie en het oorgespring om tyd te spaar.

piet ·

So terloops – Was nou die dag by ‘n ou se huis wat iets geadverteer het. Daar aangekom is daar omtrent 10 honde, almal agter ‘n omheining behalwe een (dink dit was hoekal ‘n Pitbull) wat soos ‘n wafferse atleet heen en weer langs die heining afhardloop en omtrent 2 meter teen die hek opspring van malheid. Natuurlik blaf die hele lot ook toe lekker saam in ‘n koor van opgewondenheid. Geen manier ek kon by die erf ingaan nie, gelukkig was die ou se deur oop toe skree ek maar vir hom om te laat weet ek is daar. Toe kom die perd uit en ek se maar jy het darem verskriklike kwaai honde. Nee se hy, hulle is baie rustig en sal niemand byt nie. Sure. Ek se toe nee my maat, gaan sluit jy maar eers die gediertes agter slot en grendel op voor ek waag om in jou erf in te gaan………

Lourens CFG ·

Stem saam, met so baie honde wat opgewonde is, is ek ook eerder bangjan as dooiejan.

piet ·

Honderde stede (onder andere New York City) in die VSA het reeds die aanhou van pitbulls in woongebiede verban. Hopelik gebeur dit spoedig hier ook.

Jean ·

Jy lewe in ‘n droomwereld om USA se wette in SA te wil hê

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.