Vrou ernstig beseer toe sy kat uit boom probeer red

(Foto verskaf)

ʼn Vrou het Dinsdag in Warner Beach, suid van Durban, ernstige beserings opgedoen toe sy ʼn kat uit ʼn boom probeer red het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 15:15 na die toneel ontbied. “ʼn Volwasse vrou het ongeveer 15 m ver uit ʼn boom geval. Sy het op teer geland.”

Die vrou wou glo ʼn kat uit ʼn boom red.

“Die vrou het ernstige beserings opgedoen. Sy is op die toneel behandel deur ʼn Netcare 911-reddingstegnikus en ʼn paramedikus wat gevorderde lewensondersteuning kon toepas.”

Sy is met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Irene ·

Verseker n diereliefhebber net jammer syt toe nou seergekry.

Pieter ·

Catwoman werk nie vir almal nie. Tel jou lewens voor die tyd.

Hennie J ·

Was dit nou die spreekwoordelike kwaadkat in aksie? Sterkte, word gou gesond!

Tanniepetoors ·

Katte wat in ‘n boom opklim en dan blou moord skree het ‘n manier om uiteindelik tog self weer af te klim. Gewoonlik in die nag.

Elinette ·

Ken daai een. Hulle kry hulself in die pekel en ons mense katteliefhebbers kry ‘n sekere deel van ons liggame in ‘n knoop …. maar môre, oormôre is kat-se-kind wee veilig en ongedeerd tuis. Arme vrou, ek hoop sy herstel vinnig en goed. Sy kon seker nie die brandweer of ‘n diere-welsynsorganisasie in die hande kry nie ….

Kathleen ·

Ek hoop die dame herstel gou , ek doen dit gewoonlik ook , katte in enige vorm is my groot liefde , nie eens ‘n oulike man kan die plek van ‘n mooi kat inneem nie .

VaalDonkie ·

Plaas sy eers die kat ordentlik uit die boom gekyk het.

Belinda ·

shame, sy het net probeer help. soms kry mens se goedhartigheid n klap in die gesig. sterkte dame, ek hoop jy word gou beter. dankie vir jou goeie daad

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.