Vrou ernstig beseer toe voertuig in sloot beland

Foto: ER24

ʼn Vrou het Donderdagoggend ernstige beserings opgedoen toe haar voertuig in ʼn sloot beland het buite Tzaneen in Limpopo.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 08:00 na die toneel op die R529 buite Tzaneen ontbied toe verbygangers die motor in die bosse opgemerk het. Die ongeluk het vermoedelik vroeër die oggend plaasgevind.

“Die voertuig is tussen bome aangetref. Paramedici kon hul weg vind deur die ruie bos en het ʼn vrou in die motor aangetref. Sy het kop- en rugbeserings opgedoen en was in ʼn ernstige toestand,” het Meiring verduidelik.

Sy is versigtig uit die voertuig gehaal en is na Mediclinic Tzaneen geneem vir verdere behandeling.

Plaaslike owerhede stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.