Vrou ernstig beseer toe winkel se dak inmekaarstort

(Foto: Netcare 911)

ʼn Vrou, vermoedelik in haar 30’s, het Sondagmiddag ernstige beserings opgedoen tydens ʼn strukturele ineenstorting by ʼn winkelsentrum in Krugersdorp.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê volgens berigte het ʼn groot deel van die dak en omliggende struktuur bokant kopers inmekaargestort.

Die voorval het glo by die Dealz-winkel by die Cradlestone-winkelsentrum plaasgevind.

“Paramedici het bevind drie persone het geringe beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel. Een vrou het egter ernstige beserings opgedoen en sy is op die toneel behandel voor sy met ʼn helikopter na ʼn spesialishospitaal geneem is.”

Owerhede stel ondersoek in na die oorsaak van die ineenstorting.

Foto verskaf deur ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

B-Man ·

Ek sien nie dat daar bewapening (brick force) in die stene is nie…

Karen ·

Mooi man, nogals gedink die Mall is te vinnig gebou. Totsiens Cradlestone, tot julle kan bewys alle strikture is veilig en volgens standaard gebou, sien julle my nie weer nie… Wag, het die se standaarde ook verlaag

Anoniem ·

Wonder watter Ingenieur sit agter hierdie Winkelsentrum. Voel jammer vir die
besighede in die sentrum, behalwe Covid is dit vir hul weereens ‘n harde hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.