ʼn Vrou van Randburg in die noorde van Johannesburg het glo Sondagaand laat in ʼn winkelsentrum in dié stad geboorte gegee aan ʼn babaseun.
Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die vrou het glo begin kraam in ʼn winkelsentrum in Northriding.
Volgens Meiring is nooddienspersoneel deur veiligheidswagte by die sentrum na die toneel ontbied.
“Met die aankoms van paramedici by die winkelsentrum het die vrou in die kantoor van die veiligheidsbeamptes gelê,” sê hy. “Die beamptes het die vrou probeer bystaan.”
Volgens Meiring is die vrou eers ondersoek. Daar was egter nié genoeg tyd om nog met haar na ʼn hospitaal te jaag nie, en haar baba, ʼn gesonde babaseuntjie, is by die winkelsentrum gebore.
Die ma en haar baba is na die Rahima Moosa-hospitaal geneem waar sy behandel word. Daar was volgens berigte geen komplikasies nie.
Wat soek ‘n vrou wat WEET sy kan enige oomblik kraam in ‘n winkelsentrum . Daar is waarskuwingstekens tenminste ‘n paar uur voor die tyd. Genade lyk my hulle soek aandag.
Ek stem wat soek sy nog in winkels as sy weet sy gaan kraam
‘n Swanger vrou Weet gewoonlik sy kan enige tyd kraam vandat sy 38 weke swanger is tot 42 weke. En dan is winkelsentrums deesdae kilometers lank. En boonop word die vrou aangemoedig om ver te stap om die kraamproses te laat begin. Dan is dit ook natuurlik om sommer 24uur in kraam te wees. Net soos n geboortes kan daar seker sterftes ook in winkelsentrums plaasvind.
Sy mors ER24 se tyd. Hulle kon iemand gehelp het in ‘n noodtoestand LW noodtoestand.