Vrou gee haar oor week ná tref-en-trap

Argieffoto

’n Vrou sou Maandag in die Bloemfonteinse landdroshof in die Vrystaat verskyn in verband met ʼn tref-en-trap-voorval waarin ʼn plaaslike sakeman dood is.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het gesê die vrou (32) het haar vanoggend by die Manguang-polisiestasie oorgegee in verband met die voorval verlede Saterdag.

Sy staan tereg op aanklag van strafbare manslag asook die versuim om ʼn ongeluk binne 24 uur aan te meld.

Volgens Makhele is Ndleleni Donvulo die betrokke dag in die vroeë oggendure voor ʼn kroeg in Bochabela in Mangaung doodgery. Die motoris het glo gejaag en ná die ongeluk boonop nie stilgehou nie.

Makhele het gesê die vrou was meer as ʼn week lank voortvlugtig voor sy by die polisiestasie aangemeld het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
JohanR

Ja nee, die vrou is diep in die moelikheid!! Tref en trap, ry weg en meld nie binne 24 uur die ongeluk aan nie.

SjN

seker eers gewag om nugter te word.

Attie.

Arme mens, sy het haar seker doodgeskrik omdat sy nie ‘n bestuurslisensie gehad het nie. Net een week toe het sy een gaan koop.

emily

Sluit toe en gooi die sleutel weg.

Mariette

Ons ken nie die vrou se redes en omstandighede nie. Daarom voel ek dis verkeerd om te oordeel.