
Simone en Ignat Oosthuizen. Foto: Facebook
Die vrou wat Dinsdagoggend vroeg saam met haar man in ʼn veiligheidskompleks in Polokwane oorval is, is Dinsdagmiddag glo geopereer om haar steekwonde te heg.
Die egpaar is intussen as Simoné en Ignat Oosthuizen geïdentifiseer.
Maroela Media het vroeër berig Simoné (25) en haar man, Ignat (30), is rondom 03:00 in hul huis in Serala View in Flora Park oorval. ’n Inbreker het Ignat verskeie kere met ʼn skerp voorwerp, vermoedelik ʼn mes, gesteek. Hy is op die toneel dood. Simoné, wat ook met die wapen gesteek is, het geskree en die verdagte het op die vlug geslaan.
Simoné is al die afgelope drie jaar ʼn administratiewe beampte by Galactic Auto in die dorp. Haar werkgewer, Jacques Swart, het aan Maroela Media gesê van die personeel het deur die dag die hospitaal besoek waar Simoné behandel word.
Kapt. Ntobeng Phala, woordvoerder van die Polokwane-polisie, het gesê ʼn saak van huisroof en moord word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Simone, word gou beter, dit is baie hartseer om the lees van nog ‘n tragedie. Dis die pes wat in die donker toeslaan wat die Bybel van praat.
Dit is donker donker middernag nader sluip die ……
Ek het die voorreg gehad om Ignat te ken, hy was my seun se beste vriend. Ignat was die mees voorbeeldige seun. Sy skaam, nederige glimlag sal my altyd bybly. Sterkte aan Simone, sy ouers Jane en Ignat en suster Jessica. Julle is in ons gebede.
Baie baie Sterkte.
Baie sterkte aan almal hierdeur geraak!!!!!!