Vrou geskiet tydens tweede aanval op kleinhoewe

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Vrou van Mpumalanga is met skietwonde in die hospitaal opgeneem nadat sy Woensdagoggend vir die tweede keer op ʼn kleinhoewe buite Sundra aangeval is.

Derek Bester, voorsitter van die plaaslike buurtwag, die Sundra Rietkol Bulldogs, het aan Maroela Media gesê die vrou is aangeval toe sy vroeg vanoggend uit haar huis gegaan het om die store vir die werkers te gaan oopsluit.

“Sy het baie kwaai waghonde op die kleinhoewe en het vanoggend, soos sy elke oggend doen, eers uitgegaan om die honde te gaan toemaak. Daarna het sy na die store gestap om dit vir die werkers oop te sluit. Toe sy omdraai, het sy haar in die aanvallers vasgeloop,” het Bester gesê.

Hy het gesê die twee aanvallers het ʼn vuurwapen en ʼn panga by hulle gehad en hulle het skote op haar afgevuur. Sy is in haar linkerarm net bo haar gewrig en in haar regterboarm gewond. “Sy het vir haar man geskree en na die huis toe gehardloop waarna die aanvallers op die vlug geslaan het. Hulle het oor ʼn muur gespring en verdwyn.”

Bester het gesê die buurtwag en die polisie was kort daarna op die toneel en het die aanvallers se spoor gevolg. “Ons het eers die panga en kabelbinders opgetel en later ook die vuurwapen in die gras gevind. Ons het ook hul rugsak gekry met ʼn koeëlvastebaadjie binne-in,” het hy gesê. “Dit laat ons dink hul plan was om in die huis te kom en die mense vas te bind en seer te maak.”

Die vrou se man het aan Maroela Media gesê sy is steeds in die hospitaal sodat haar wonde skoongemaak kan word, maar het gesê albei wonde is gelukkig net vleeswonde. Die man het versoek dat sy vrou se naam nie bekendgemaak word nie uit vrees vir hul veiligheid.

Bester het gesê hoewel hulle nie daarin kon slaag om die verdagtes vas te trek nie, vermoed hy dat dit moontlik iemand is wat die kleinhoewe geken het. “Ek vermoed hulle het haar roetine geken, want hulle het eers gewag dat sy die honde gaan toemaak voordat hulle haar oorval het,” het hy gesê.

Die vrou is in Augustus 2016 ook op die kleinhoewe oorval en met ʼn graaf aangerand. Sy is destyds in die waakeenheid van ʼn hospitaal opgeneem.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê ʼn saak van poging tot moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Nita ·

Hoe afgryslik! Die arme vrou. God wees ons witmense genadig asseblief. Waarom skaats die ANC om die ware probleem in die land. Dis doodeenvoudig. As jy nie geleerdheid het nie en geen inkomste het nie, MAG JY NIE MEER as EEN kind he nie. Anders maak jy n potensiele rower en moordenaar groot. Begin nou!!!

Pastoor ·

Hulle het verseker dop gehou. Daardie voornemende moordenaars het nie kom werk vra nie. Bid sonder ophou teen hierdie euwel. Sterkte aan die arme vrou

Pastoor ·

Hulle het verseker dop gehou. Daardie voornemende moordenaars het nie kom werk vra nie. Bid sonder ophou teen hierdie euwel. Sterkte aan die arme vrou tragies

anton ·

My vraag is waar kom hulle aan die koeëlvastebaaitjie? Wie het sulke baaitjies? Polisie, metro polisie en sekere veiligheids maatskappye wat geld vervoer. Dit is baie duur en die gewone man sal dit skaars kan bekostig om dit privaat aan te koop.
Maar dit kom nou as jy wolf die skaapwagter maak!!!

stefanie ·

Hoekom Kan die wetgewing nie gewysig word dat die boere of enige slagoffer meer regte het on hulle self the verdedig nie plaase moorde word nou regtig n krises as die regering enige iets omgegee het inverband met die moorde en wreedheid sou hulle dit as n ramp sitsuasie verklaar het en die slagoffer die reg gegee het om oortreders wat nie hoort op plaase of privaat eiendom nie wat mense se lewens dedreig op die plek dood te skiet Maar die moordenaar word deesdae beskerem die slagoffer moet maar stilstaan en se hier is ek maak maar wat julle wil want ons het nie die reg on ons self the verdedig nie

Mrs.B ·

‘n Boervrou het net soveel verpligtinge soos haar man. Wie eerste uitgaan in die oggend is nie die punt nie. Ons is nie veronderstel om in vrees te lewe op ons eie plase nie. Sterkte aan die dame, hoop jou herstel is spoedig. Laat ons eerder bid vir ons boere, dat hulle veilig sal wees met elke tree wat hulle gee.

Staansaam ·

Ek weet net dit is tyd dat ons nou ons self begin beskerm. Dit gaan nie so eenvoudig wees nie en ek is nie n boervrou nie, maar ek wonder net as ons al ons werkers vervang met blankes wat op straat is of in plakkerskampe bly ( in Rustenburg is daar n hele gemeenskap) en jou werkers word bewapen (wettig) sou hulle nog steeds so gretig wees om die boere op daardie plaas te kom aanval?

Catryn ·

Sterkte aan die familie, veral aan die vrou, hoop sy herstel vinnig.

Duidelik is dit iemand in haar eie personeel wat haar bewegings deurgee en ook iemand wat “voorbereid” gekom het met ‘n koeëlvaste baadjie en alles. Dit is poging tot moord , as hy die vrou noodlottig gewond het, was dit moord. Is bly sy is net gewond. Baadjies is nie so duur nie en is bekombaar. Leer maar om jou honde by jou te laat loop en saam jou en jou familie. Dit is net soos ‘n vuurwapen – in ‘n kluis beteken hy niks vir niemand nie.

Wat help dit jy is op ‘n plaas, of waar ookal, jy was al aangerand, maar gaan maak jou honde toe, hoekom nie twee honde saam jou neem aan halsbande as jy jou take doen nie. As jou honde by jou is, gaan min naby jou en kan jy hulle vinnig los laat hardloop om jou te verdedig as dit moet.

Theresa ·

Baie sterkte! duidelik mense wat daar wil skade aanrig aan mense en goed. Verander die roetine dadelik en verander sonder aankondiging aan enige iemand buite die gesin of in hoorafstand, dit gedurig.

Tanya ·

Begin sommer deur elke mens wat in hulle diens is ‘n leunverklikker toets te laat aflê. Julle sal die antwoord dan daar kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.