Vrou gesoek ná sy glo pasgebore baba steel

Die polisie glo die vrou in die identikit-foto kan hulle bystaan met hul ondersoek na die saak. Foto: SAPD

Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, seksuele oortredings en kinderbeskerming in Durban, KwaZulu-Natal, het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om hulle by te staan in ʼn ondersoek na ʼn voorval waar ʼn baba by die Chesterville-taxistaanplek gesteel is.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 16-jarige ma was op 20 November omstreeks 15:45 by die taxi-staanplek saam met haar pasgebore baba. “ʼn Vrou wat sy op die taxi van die hospitaal af dorp toe ontmoet het, het haar genader en aangebied om die baba vir haar op te pas toe sy gou badkamer toe wou gaan,” het Zwane gesê.

Die ma het die kind by die onbekende vrou gelos. “Toe sy uit die badkamer kom, was die vrou en die baba vermis. Net die sak het nog op die grond gestaan.”

Volgens Zwane het die ma by omstanders navraag gedoen oor die baba, maar niemand kon vir haar sê waar die baba is nie. Die ma het ook geen foto’s van die baba nie.

Die polisie glo die vrou in die identikit-foto kan hulle bystaan met hul ondersoek na die saak. Enigiemand met inligting oor die voorval kan sers. M Mkhize by 031 325 4526 of 082 466 0044 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jollie ·

Dis omdat mense nie op 16 moet kinders hê nie. Waar in jou lewe sien jy jy los jou pasgebore baba by iemand om toilet toe te gaan. Nee jammer, dan gaan die baba maar saam. Die ma het hom/haar seker verkoop.

16 jarige ma ·

Ouderdom het niks te doen met n goeie of slegte ma wees nie.Ek het my baba op 16 jaar gehad,en hom met al die liefde in die wereld versorg.Vandag is hy n groot man met kinders van sy eie.

Doempie ·

Sy is nog so jonk en naïef en dalk net regtig ñ groot nood gehad. Ten minste het sy nie haar baba in ñ vullisdrom gegooi of in die toilet nie. Sit jouself in iemand anders se skoene.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.