Vrou gesoek oor R18 miljoen se bedrog

Shareen Govender (Foto verskaf deur die Valke)

Die Valke in Gauteng vra die publiek se hulp om Shareen Govender op te spoor wat slagoffers in 2021 glo uit R18 miljoen bedrieg het.

“Govender het na bewering in Maart 2021 haarself voorgedoen as ʼn direkteur van Aurum Line, ʼn maatskappy wat PPE-toerusting verskaf,” sê kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke). “Die maatskappy bestaan wel, maar sy het geen bande met dié maatskappy nie. Sy het na bewering deur die gebruik van die maatskappy voornemende beleggers gelok en mislei om in haar onderneming te belê. Sy het hulle ʼn hoë maandelikse opbrengs beloof op beleggings. Dit het egter nooit gerealiseer nie.”

Die slagoffers was later keelvol vir die leë beloftes. “Dit het duidelik geword dat sy haar dokumente vervals het, bloot om geld by niksvermoedende slagoffers te kry.”

Die saak is by die Valke se eenheid in Johannesburg, wat ernstige handelsmisdaad ondersoek, aangemeld. “Die ondersoek het onthul dat daar verskeie sake teen Govender aanhangig gemaak is. Sy is vermoedelik steeds in die land, moontlik in KwaZulu-Natal.”

Enigiemand wat weet waar sy haar bevind, word versoek om kapt. Hennie Pretorius te kontak by 079 886 3555. Inligting sal streng vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

007 ·

As jy om die bos gelei word met hoë opbrengste in die tyd en ekonomie moet jy maar verlies lei. Werk vir jou geld op ‘n eerlike en harde manier. In die sweet van jou aangesig sal jy jou brood verdien.

SjN ·

Die mense is geldgierig, die rooi ligte moes alreeds geflikker het met die hoe opbrengs beloftes.

Veronika ·

Hoë opbrengste……wat jy waar sal kry!! Ai ai dat mense nie besef dit is scams nie! Bly maar liewers by dit wat ons ken, momentum, sanlam, old mutual ensovoorts………

Jack ·

Die slenter van hoe opbrengste op beleggings is so oud soos die land self en nog steeds val die geldgieriges hiervoor. Verloor maar want julle wil mos die die rooiligte miskyk.

Frank John ·

Ek ken ‘n Govender van KZN wat met PPE betrokke is maar of dit dieselfde persoon is weet ek nie.

christo ·

Ek wonder of ‘n paar politieke entrepreneurs ook ‘n miljoen of twee verloor het…

Marisa W ·

Goue reel is – if it is too good to be true, it is not true

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.