Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die ma het glo haar seun, wat in ‘n rolstoel is, kerk toe gestoot toe hulle deur ‘n vragmotor raakgery is.
Botha sê die vrou is op die toneel dood. Haar seun is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.
sjoe dit is tragies
Ja, dis vreeslik, wie gaan nou na die seun kyk? Wie was skuldig? Hoop as dit die vragmotorbestuurder was dat iemand namens die kind n saak sal maak.
Dis baie tragies, het verby ongelukstoneel gery. Vragmotor was vullisverwyderingstrok.
Dis baie tragies. Dit lyk my gaan rof en roekeloos in en om Bloemfontein. Dis ook Jan Dagga wat raak gery is en dood is en nou weer hierdie ook. Dis jammer .