Vrou getuig dogters is ook seksueel aangerand

court-hammer_thumb‘n Verkragtingslagoffer het begin huil toe sy in die hooggeregshof in Pretoria getuig het dat haar twee dogters ook seksueel aangerand is.

Die vrou het getuig in die verhoor van Progress Shoko (28) en Howard Sekani (31), neefs van Zimbabwe.

Hulle word daarvan beskuldig dat hulle deel was van ‘n groep mans wat die aand van 12 Maart 2011 die 37-jarige vrou en haar twee dogters, toe 15 en 17 jaar oud, aangerand en verkrag het in hul huis in Rayton, oos van Pretoria.

Die vrou het Dinsdag getuig dat Shoko haar verkrag het. Sy het Woensdag haar getuienis voortgesit en gesê Shoko het haar na die verkragting na die sitkamer gevat waar haar twee dogters vasgebind gelê het.

Sy het getuig dat Shoko en Sekani geld, sigarette en drank geëis het en dat hulle aggressief geraak het omdat hulle dit nie in die huis kon kry nie.

Shoko het aan die vrou gesê om haar motor aan te sluit. Hy het haar geslaan omdat hy nie kon verstaan dat haar Mercedes-Benz met ‘n infrarooi-sleutel werk nie.

Hy het haar weer terug in die huis in geneem en langs haar dogters op die vloer vasgebind.

Daar het bloed teen haar een dogter se gesig afgeloop nadat sy op die neus geslaan is.

“Hulle het aan my kinders gesê dat hulle my saam met hulle gaan vat en dat hulle moet bid dat hulle my weer sal sien.”

Shoko het gedreig om haar seksueel met ‘n haarborsel aan te rand en met ‘n sigaret te brand indien sy nie vir hulle sê waar die kluis is nie.

Die ma en dogters kon daarin slaag om hulself te bevry nadat die aanvallers die huis verlaat het.

Die ma het in trane getuig dat haar dogters aan haar gesê het dat Shoko hulle ook seksueel aangerand het en dat Sekani hulle gesoen het.

Haar dogters sê die beskuldigdes het gedreig om hulle met ‘n strykyster te brand.

Die verhoor duur voort.

Lees ook:
Vrou vertel van verkragting

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SNEL ·

Sterkte vir die ma en dogters!!!! Sal beslis vir jul bid en sterkte ook vir hierdie hofsaak wat alles net weer oopkrap. Die res kan ek nie hier kan skryf nie, hul sal my soek en toesluit.

Marley ·

Ek kan my nie in dink waardeur hierdie vrou tans gaan nie en vir die res van haar lewe met die letsels moet saam leef nie, maar ek bid vir vertroosting vir haar en haar dogters.

Theresa ·

Die doodstraf MOET teruggebring word. Dis hoekom hierdie land so wetteloos is. Hulle weet hulle kom niks oor nie al word hulle gevang. Dan kom peste soos hulle nog oor die grens en dink hulle kan hier kom doen wat hulle wil. Mismaaksels!! Hulle moet net soos oorsee gehang of gestenig word dan sal jy sien hoe vinnig verander die misdaadsyfer. Maar in hierdie land is die slagoffer mos die verkeerde een en die gemors word beskerm.

Elizabeth ·

Ek hoop die vrou of iemand na aan haar lees dalk ons almal se skrywe hier en dat sy bewus is hoevele mense aan hulle dink: Liewe vrou en dogters, dis ‘n verskriklike wandaad wat teenoor julle gepleeg is. Niemand mag verwag dat julle NOU dadelik moet vergewe nie – al vertel mense jou dis die Christelike ding om te doen. Alle seerkry neem tyd om te genees of selfs net sagter te word. Ek bid dat julle deur hierdie donker tonnel sal kom, dat julle met krag van bo deur die afgryslikhede kan werk, dat julle bystand en hope liefde van almal om julle sal kry. Moenie dat haat julle verteer nie, God weet alles en hierdies SAL hul straf kry, indien nie nou, wel eendag. Ek bid vir die genade van aanvaarding – ek glo dit sal lank neem, maar ek bid vir julle soos ek glo derduisende ander sal. Sterkte en vrede vir julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.