Vrou getuig hoe Leeus-afrigter haar ‘seksueel aanrand’

Joey Mongalo. Foto: Emirates Lions Programme

ʼn Australiese hof het vandeesweek getuienis aangehoor van ʼn vrouehotelportier wat beweer dat Joey Mongalo, verdedigingsafrigter van Suid-Afrika se Leeus-rugbyspan, haar in die hotel seksueel aangerand het.

Die verhoor het Donderdag in die Downing Centre-hof in Sydney begin.

Die 26-jarige vrou beweer Mongalo het haar in April vanjaar in die Crown Plaza Hotel in Coogee, ʼn oostelike kusvoorstad van Sydney, seksueel aangerand deur haar te dwing om hom onsedelik aan te raak.

Mongalo het ten tyde van die beweerde voorval saam met die span by die hotel oorgebly vir die Leeus se kragmeting teen die Waratahs in die Allianz-stadion op 20 April. Hulle het ʼn paar dae later na Brisbane gereis om op 28 April teen die Reds te speel. Die voorval het glo op 23 April plaasgevind.

Die Sydney Morning Herald berig die vrou het aan die hof gesê Mongalo het haar gevra waar die balkon is en sy het saam met hom gestap om hom te gaan wys. Hulle het glo by ʼn trapkuil ingegaan waar Mongalo na bewering haar hand op sy geslagdeel geplaas en sy vinger in haar mond gedruk het.

Die vrou het getuig sy het weggetrek en gesê sy moet terug by die werk kom en het hom in die trapkuil agtergelaat. Sy het na die tyd glo vir haar vriendin van die voorval vertel. Volgens getuienis voor die hof het die vrou later deur ʼn foto op die internet uitgevind wie Mongalo was.

Sport24 berig ʼn woordvoerder van die Leeus het Vrydag bevestig Mongalo is tans in Australië om die verhoor by te woon.

Die verhoor duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Franna ·

Dankie tog dit is nie weer n
bloubul nie.
Alles wat negatief is gebeur mos
met n bloubul

Andre ·

Hy help darem vir Afriforum om daar te adverteer hoe dit by ons gaan..

Cherokee ·

Andre, 8 ure later is ek die eerste om jou te komplimenteer met ‘n freekin raak sê! Wat ‘n diskreditering van ons kollegas! Raak gesê, Andre.

Ja Nee ·

Dit is nie SA waar jy kan weg kom met enige iets nie, daars nog wet en orde.

Gemaskerde Sopbeen ·

Sjoe, kyk al die “skuldigbevindings” hierbo sonder enige bewyse. Ek hoop vir haar part daar was ‘n ooggetuie in die trapskag………anders is hierdie net ‘n “nou gaan ek geldjie kry nadat ek gesien het wie dit is”?? Sy’t ook darem nie dadelik alarm gemaak nie………..net eers gaan kyk WIE hierdie is, voordat sy aan die skree geraak het.

Gertryda ·

Hoe verstaan ek nou
April gebeur
Later gelees wie hy is
Toe hom aangekla
???????
Waarom maande wag?
Waarom eers wag om te sien wie dit is
Ek ruik n rot

Gerhard ·

Dit was nie maande nie, dit was ses dae later. Gaan lees die berig.

Cherokee ·

Ag Gerhard, die gestremde sopbene, gertrydas en kie sal altyd rotte ruik, en besef dat hul ruik hul bo-lip.

wolla ·

Selfs al is dit waar, klink dit maar vir my na iets kleins. Foeitog sy is seker baie erg gekrenk..

GM ·

Cherokee, ek lê en giggel soos ‘n klein meisie. Jou kommentaar aan Wolla is uiters skerp ?

Grondboontjiegalery ·

Vir dié wat sê dis iets klein, praat weer as so iets met jou dogter, vrou, suster of vriendin gebeur. Vir dié wat dink daar moet ‘n ooggetuie wees, nee genugtig, dink wat jy sê, dink jy perverte en verkragters en molesteerders pleeg hulle vieslikheid ten aanskoue van getuies??? As dit onwaar is hoop mens dit kom uit in die hof en sy kry op haar herrie, tot dan is dit onsensitief om dit af te maak as sommer niks of dat sy bloot lieg.

Swartwolf ·

@Wolla: uiterse swak aanmerking. Opvoeding afwesig hier big time.

Israel ·

Met die barbaarse aanrandings , verkragtings en moorde in die land het so iets vir ons niks geword, dink weer daaroor, die man het seker gemaak daar is nie ooggetuies nie , n verkragter roep nie n gehoor bymekaar en gee dan n show nie hy doen dit in die geheim

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.