Vrou gevonnis ná sy man vermoor

Cathy van Oudtshoorn. Foto: Facebook

“Dit voel goed dat sy nou gevonnis is maar die feit bly staan dat dit my pa nie gaan terugbring nie.”

Só sê Anita Brits nadat haar aanneemsuster, Cathy van Oudtshoorn, vandeesweek vir die moord op Brits se pa gevonnis is.

Chris van Oudtshoorn (58) is die aand van 11 April 2016 in sy huis in Denneoord, Brakpan, in ʼn leunstoel voor die televisie doodgeskiet. Dit het aanvanklik gelyk of hy tydens ʼn huisroof doodgeskiet is, maar Cathy (31) is minder as ʼn week later vir sy moord in hegtenis geneem.

Brits en Maryna Roets, Van Oudtshoorn se dogters, was vroeër die week in die hooggeregshof in Pretoria toe Cathy tot effektief 20 jaar tronkstraf gevonnis is vir die moord op hul pa. Brits het aan Maroela Media het gesê hulle is bly dat die saak ná drie jaar uiteindelik verby is.

Cathy is in die 1980’s deur Van Oudtshoorn en sy destydse vrou aangeneem. Ses jaar nadat haar aanneempa en -ma geskei het, is sy met Chris getroud.

Chris van Oudtshoorn se dogters, Anita Brits en Maryna Roets.

Chris se eksvrou is ook na die moord in hegtenis geneem en later tot tronkstraf gevonnis nadat sy erken het sy het gehelp om die moordtoneel soos ʼn rooftog te laat lyk. Sy is reeds op korrektiewe toesig vrygelaat.

Cathy het tereggestaan op aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede, onwettige besit van ʼn vuurwapen, onwettige besit van ammunisie en dwarsboming van die gereg.

Volgens Brits was dit ʼn erge skok toe hulle destyds uitgevind het hulle aanneemsuster en pa is in ʼn verhouding. Sy vertel hulle het later vrede daarmee gemaak aangesien hulle nie eintlik ʼn keuse gehad het nie.

Van Oudtshoorn se dogters het destyds glad nie vermoed dat Cathy vir hul pa se moord verantwoordelik was nie. Sy het na die moord selfs by Brits-hulle ingetrek en is die dag ná Chris se begrafnis in hegtenis geneem.

Cathy het tydens haar verhoor aangevoer dat sy ʼn oomblik van tydelike waansin beleef het ten tyde van die moord.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Cherokee ·

Wanneer het jy laas die uitdrukking gehoor ‘Hoe meer mense, hoe meer dinge’. Een van die vele uitdrukkings wat op die rak beland het.

DA BO ·

Wat n deurmekaar familie. En is dit nie bloedskande as jy met jou dogter trou nie. Nou nie letterlik bloed familie nie maar aangeneem maak dit jou kind.

PaulV ·

Jy is verkeerd, Kolla; daardie huwelik was wettig. Hulle was nie aan mekaar verwant nie.

Posduif ·

Eks-vrou se betrokkenheid nogal interessant!!! Wonder of dit moederlike instinkte was? Duur prys wat sy daarvoor betaal het.

Anoniem ·

Brakpan storie van die dag. Eks vrou help vir aanneem dogter wat nou die vrou is van haar eks man, om haar eks man en aanneem dogter se huidige man te vermoor. Sjoe

Hendrik van George ·

Jerry Springer se moses! Wat ‘n siek spulletjie….

Eddie ·

Skerp Manie, jy het my nou lekker laat lag. Ek het vriende in Brakpan en met die Brakpan stories is dit altyd maar n gespottery.

TLC ·

Seker hy het lekker vet polis of twee gehad
Liefdes driehoek
Geldgierigheid
En haat of wraak
Sit maar lekker en dink oor jou sondes
En ex vrou bietjie lig daarvan afgekom

Jozi ·

Ek gooi nou ‘n bielie van ‘n klip in die bos, en verseker gaan ek ‘n paar mense skok, maar hier is wat ek dink.
Cathy word aangeneem deur Chris en sy vrou.
Chris peuter met Cathy en daar ontstaan ‘n baie siek verhouding tussen die twee.
Hy skei sy vrou en trou later met Cathy.
En toe slaan die paw-paw die fan.
Jammer as ek verkeerd is maar hierdie goed gebeur.

Ann ·

En ou bokke los mos jong blare as hulle genoeg gehad het of nie meer kan nie. Het daai ook al ‘n paar keer sien gebeur. Asseblief mense verstaan my reg, moord is moord en dis verskriklik aaklig wat hier gebeur het. Ek sê net baie ouer mans gooi jonger vroue weg as hulle eers hulle sin met hulle gekry het en hulle verstaan nie hulle gedrag kan backfire op die snaaksste maniere nie.

Sarel ·

” Deler so goed as steler” masr die een kry 20jr die ander onder ” huis arres” . Wat ‘n grap.

Attie. ·

Ek het meegevoel met die veroordeelde Cathy. Wie sal regtig weet waardeur sy is in haar lewe. ‘n Aangeneemde dogter het ook vaderliefde nodig. ‘n Man wat ‘n verhouding begin met sy stiefdogter is siek, ek dink die vonnis is geweldig swaar. Ek het simpatie met haar en ek glo vas die regte waarheid het nie in die hof uitgekom nie. Ek gaan haar nie stenig nie.

Randie ·

Ja nee, ek kan ook ongelukkig net se… Brakpan se moses!!!!! Jerry Jerry Jerry!!!

Stormrider ·

Ek het hard probeer om hierdie familiestruktuur te verstaan maar ek kom elke keer net tot by die derde sin dan verloor ek die storielyn……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.