Vrou gevonnis oor lisensiëringskema

Argieffoto

Jennifer Elizabeth Roberts (61) is in die Bellville-landdroshof gevonnis in verband met ʼn onwettige lisensiëringskema vir vragmotors.

Roberts is tot drie jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van bedrog en korrupsie in verband met die skema wat met Elton Abrahams verbind word, het kapt Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, gesê. Abrahams is na bewering die ringleier van die skema en hy is tans uit op borgtog.

Die Valke se teenkorrupsie-eenheid het Roberts op 8 September 2017 in hegtenis geneem, ná ʼn ondersoek oor ʼn onwettige padwaardigheidskema waar voertuie, veral vragmotors, padwaardigheidsertifikate ontvang het sonder dat die voertuie die nodige inspeksie en toetse ondergaan het.

“Bewyse in die hof het daarop gewys dat die beskuldigde met Abrahams transaksies aangegaan het en groot bedrae oorbetaal het om padwaardigheidsertifikate vir drie van haar vragmotors te bekom,” het Ramovha bygevoeg.

Roberts se tronkstraf is opgeskort vir vyf jaar op voorwaarde dat sy nie tydens dié periode skuldig bevind word aan ʼn soortgelyke oortreding nie. Deel van haar pleitooreenkoms is dat sy sal getuig in die saak teen Abrahams.

Abrahams en die res van sy medebeskuldigdes is tans uit op borgtog. Hulle sal na verwagting in Oktober weer in die hof verskyn. Die ondersoek duur intussen voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

anton ·

Ek dink hierdie is maar net die oortjies van die seekoei.
Dan wonder mense hoekom is daar so baie vragmotor ongelukke.
Voeg n onpadwaardige voertuig/vragmotor saam met n onbevoegde bestuurder en siedaar, n resep vir n masiewe RAMP.

bgj van der westhuizen ·

dit is niks nuut nie daar is baie vragmoters wat nooit geonder soek word nie en die selde met moters

Oom P ·

Neewat dis hoe dit werk .. Hier kan jy ‘n splinternuwe voertuig direk van die handelaar vat en deur die toets probeer kry. As jy nie 3 x Blou R100 “dokumente” het nie kan jy dit vergeet, maar as jou “dokumentasie” reg is kan jy ‘jou yskas op die pad kry

snoefie ·

smallfry. ons weet almal van 783 asnklagte wat bedrog, omkopery,geldwassery en boewery insluit wat wel ondersoek was maar nie vervolg was nie. teen een enkele mens!

Theresa ·

Busse, taxis en vragmotors = geen respek meer nie. Waansinnige drywers wat geen respek vir lewens of ander voertuie het nie.

Adam ·

Ek wag in spanning vir die kleur-polisie om te hoor wat haar kleur is? LOL

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.