Vrou gevonnis oor tweejarige se moord

Argieffoto: https://pixabay.com

ʼn 31-jarige vrou is in die Balfour-streekhof in Mpumalanga gevonnis op aanklag van die moord op haar suster se tweejarige dogtertjie.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het gesê Brenda Radebe het gewoonlik haar susterskind opgepas terwyl haar ma (die beskuldigde se suster) werk toe is. “Die kind se ma het op 24 Julie 2013 teruggekeer huis toe en haar kind het geslaap, maar sy het onraad vermoed. Sy wou by haar sussie weet of haar kind dalk siek is.”

Radebe het toe gesê ʼn ander kind het deur die loop van die dag die dogtertjie met ʼn klip geslaan.

“Die ma het haar kind na ʼn plaaslike kliniek geneem en sy is later na die Baragwanath-hospitaal in Gauteng oorgeplaas. Die dogtertjie is die volgende dag, op 25 Julie 2013, oorlede.”

ʼn Nadoodse ondersoek het bevind dat die kind ernstig aangerand is en ʼn saak van moord is ondersoek. “Die beskuldigde is gevolglik op 14 Junie 2016 in hegtenis geneem. Sy was op borgtog vir die duur van die hofsaak totdat sy op 4 Oktober 2018 uiteindelik skuldig bevind is.”

Radebe is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ralph ·

Sjoe, seker net 15 jaar omdat sy ‘n sogenaamde agtergeblewende is

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.