Vrou gevonnis vir moord op man

Carolina Visser. Foto: SAPD

Carolina Visser (44) is skuldig bevind en gevonnis vir die moord op haar man verlede jaar.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Visser is in die hooggeregshof in Polokwane tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op Leon Potgieter (62).

Potgieter is op 19 Februarie verlede jaar by die egpaar se huis in Kampersrus buite Hoedspruit doodgeskiet.

Visser is tot ʼn bykomende drie jaar gevonnis vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ses maande vir die besit van ongelisensieerde ammunisie.

Volgens Ngoepe het Visser beweer sy was die slagoffer van huishoudelike geweld. Sy het egter nooit ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak in die verband nie. Visser het Potgieter drie keer in die kop geskiet. Sy liggaam is later in die egpaar se bed gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

37 Kommentare

jongste oudste gewildste
Speedguard

Ja en dit is altyd die mans wat geweldadig is ne ?

Peet J

Waarom nie maar net pad gegee nie ?

Bolander

En daar loop al die plaasmoorde moordenaars lêkker rond en soek die volgende slagoffers!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Christo Grobler

Egskeidings betaal nie lewenskekings uit nie

CoOoler

Los maar die cooler, jou braai dae is verby