Vrou gevonnis vir moord op man

Carolina Visser. Foto: SAPD

Carolina Visser (44) is skuldig bevind en gevonnis vir die moord op haar man verlede jaar.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Visser is in die hooggeregshof in Polokwane tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op Leon Potgieter (62).

Potgieter is op 19 Februarie verlede jaar by die egpaar se huis in Kampersrus buite Hoedspruit doodgeskiet.

Visser is tot ʼn bykomende drie jaar gevonnis vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ses maande vir die besit van ongelisensieerde ammunisie.

Volgens Ngoepe het Visser beweer sy was die slagoffer van huishoudelike geweld. Sy het egter nooit ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak in die verband nie. Visser het Potgieter drie keer in die kop geskiet. Sy liggaam is later in die egpaar se bed gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Bolander ·

En daar loop al die plaasmoorde moordenaars lêkker rond en soek die volgende slagoffers!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Saartjie Bitterbek ·

Ooooeee!!! Lekker lag ek vir jou CoOoler!!! Maar ernstig: BAIE hartseer…….ons blanke volkie word teen ‘n spoed uitgemoor en asof dit nie erg genoeg is nie, moet ons mekaar ook nou nog uitmoor! Maar ek weet hoe erg huishoudelike geweld is en dat mens nie sommer maar net “kan wegstap nie”.

In BAIE gevalle is jy as vrou eenvoudig uitgelewer aan jou geweldadige man! As ek nie een nag die veld ingehardloop het en in ‘n boom geklim het nie, was ek ook deel van statistiek…….bitter hartseer en bitter tragies om so voor jou man uit te vlug wat gewapen is om jou dood te maak…….

Lollie ·

Alles goed en wel dat sy gestraf word vir wat sy gedoen het, maak nie saak van die redes nie. Die straf is net vir my buitensporig vir die feit dat daar ander ook is wat moordpleeg en wat nie sulke swaar straf kry nie. Laat almal se straf dieselfde wees vir moord! Wonder wat maak die verskil. (Sal maar nie sê wat ek dink nie!)

AL ·

Plaasmoordenaars se vonnisse is hopeloos te lig en die Staat moet alle klagtes byvoeg waar hul moontlik kan.
Nietemin moord is nie die antwoord op geskille nie – die vrou het haar eie vryheid ontneem.

Helena ·

Dit het my ook dadelik opgeval….die moord is minder brutaal gepleeg en sy kry lewenslank. Waar 2 en meer moorde gepleeg word en op n wreedaardige, sadistiese wyse word die persoon/persone vir n enkele paar jaar gevonnis. Nie aanvaarbaar nie!!!

Cherokee ·

As hierdie sou dien as ‘n petisie het julle my stem ook. Dink ook die straf is oordrewe.

Jo ·

“Los en hol” liewer. Dit is gewoonlik die BRAAI waar daar gesuip word wat die lewe onuithoubaar maak.

Annamarie Zeelie ·

Kan nie verstaan nie, Vrydag is my pa se moordenaar tot 15 jaar gevonnis vir moord. Amper die hoogste wat vir moord toegeken kan word. Volgens die staatsaanklaer is 25 jaar lewenslank. Hier word dit duidelik as “lewenlange tronkstraf” aangedui. Dis seker hoekom soveel moord gepleeg word.

AL ·

Ons privaatvervolging in Afriforum moet dit opneem. 15 jaar is belaglik min vir iemand wie n onskuldige mens se lewe geneem het…
Mense word asb n lid van Afriforum, saam raak ons sterker.

Pieter ·

Baie jammer vir jou verlies. Nee die SA is nie heeltemal korrek nie. Die term heet lewenslange gevangesetting. Sodanige persoon kan nadat twintig jaar van die vonnis uitgedien is, vir parool OORWEEG word. Vyftien jaar is definitief nie die swaarste vonnis vir moord nie. Dit is wel die voorgeskrewe minimum vonnis vir moord. Sterkte vir jou.

genade ·

Sies vir almal…gaan doen iets goeds vir iemand en hou op om so kleinlik te wees …of is dit ‘n Afrikaner sindroom om so katterig te wees ?

grote genade tog! ·

loop vra eerder vir die vrou waarom sy haar eggenoot se lewe sommerso beëindig, ipv om gewoon haar goed te vat en te loop.

Ek stem ·

Ek stem saam jou. Ek dink dit is ‘n Afrikaner sindroom. Lewer kommentaar asof dit ‘n sepie is en nie iemand se lewe nie.

Annie ·

Daar is mos twee groepe wetgewing en straf … dubbel standaard … dan kan die regeering nie verstaan hoekom die land nie kan vereenig nie … ????????

Pierre ·

Ek het al baie dronk mans teegekom wat soos varke optree en vroue slaan en môre maak of niks gebeur het nie. Die dame was dalk gatvol….

Gerda ·

Moord bly moord maar..Die sadisme wat ek al in huwelike gesien het.. Vernederings, verbal abuse , fisiese mishandeling dat hulle net eendag “breek”. En daai einste man sit Sondag in die kerk as ouderling. Wat in die binnemure van huise aaangaan is duister.

ken benoni ·

Dames ek het simpatie met julle wat met lafaards getroud is, staan op vir jul regte. Wanneer hy jou weer aanval sê vir hom net dat een of ander tyd moet hy gaan slaap. Die raad vir ‘n dame sowat veertig jaar gelede gegee. Drie dae nadat hy haar weer aangerand het, het hy ‘n senuwee – ineenstorting gehad omdat hy te bang was om te gaan slaap! Hy het haar nooit weer aangerand nie. Klim uit die huwelik terwyl jy kan anders word jy statestiek vrou.

Cherokee ·

Daardie vrou het dalk nie aan polisse gedink nie. Bes moontlik haarself verdedig. As ek ‘n regter was sou ek sterk oorweging aan daardie moontlikheid verleen het.

Helene ·

Liewe mense, mens kan nie doen wat jy wil nie! ook nie hierdie vrou wat haar man geskiet het nie. Maak nie saak wat die omstandighede is nie jy mag nie iemand anders se lewe neem nie. Mens het baie keuses in die lewe maar die belangrikste 2 is mag en nie mag nie, Met mag het jy die keuse gemaak wat se jy het dit oordink en jy het hierdie handeling nodig want dit is goed vir jou. Die ander van nie mag nie is die teenoorgestelde. Dit is jou lewenswysheid en lewe. Die gevolge van die 1ste is verval en eensaamheid maar die laaste is om uit te sien na dit wat goed is en dit weerhou jou van self uitwissing. So die keuses wat ons maak kan jou maak of breek. did nie altyd aangewese om die 1ste besluit te neem nie want dit wys jy wil dinge op jou manier doen wat nie noodwendig altyd reg is nie. Jammer vir haar wroeging maar sy was vir haar eie heil verantwoordelik.

Niklaas ·

Sy sal dalk sielerus in die tronk ervaar waar sy hopelik nie meer verniel sal word nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Almal is nou al tot vervelens toe ingelig oor die wreedheid van mans teenoor vroue maar wat van die mans wat te skaam is om te erken dat hul deur hul vrouens verniel word? Daardie manne sal oor hul dooie liggame erken dat hu soms ook met kieries geslaan word, soos ‘n geval waarvan ons persoonlik kennis dra. En dan is dit in gegoede buurtes.

anton ·

Help my asb. reg as ek verkeerd is maar het die vrou nie haar eerste man ook vermoor nie?
Ek dink die is haar 2de slagoffer dus geen simpatie vir haar nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.