Vrou gevonnis vir Pta-man se huurmoord

Argieffoto

Argieffoto

Die weduwee van ʼn senior WNNR-navorser van Pretoria is gevonnis nadat sy ʼn huurmoordenaar gekry het om haar man tydens ʼn oënskynlike “rooftog” te vermoor.

Morewane Mampuru, ʼn senior navorser en omgewingsontwikkelaar by die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) is in Januarie 2008 in sy huis in Equestria doodgeskiet. Dit het later aan die lig gekom Mampuru se vrou, Lerato Seletela (34), het ʼn buite-egtelike verhouding gehad en Mampuru het beplan om van haar te skei.

Seletela het ʼn beroepsmisdadiger, Johannes Baloyi, R250 000 betaal om ʼn oënskynlike rooftog by hul huis uit te voer en Mampuru in die proses te vermoor. Baloyi het op sy beurt ʼn derde medepligtige gehuur om hom te help om die plan uit te voer. Die derde medepligtige het na die moord gevlug en is steeds soek.

Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Baloyi het later skuld beken op die aanklagte teen hom en teen Seletela getuig. Volgens IOL is Baloyi vroeër tot 25 jaar tronkstraf vir moord gevonnis, waarvan sewe jaar opgeskort is. Hy is ook tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir roof met verswarende omstandighede, tien jaar vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en vyf jaar vir die onwettige besit van ammunisie.

“Die weduwee [Seletela] is aangekla van moord, roof met verswarende omstandighede en sameswering tot moord en roof met verswarende omstandighede. Die hof was tevrede dat die staat bewys het die beskuldigde en die twee huurmoordenaars het ʼn gemeenskaplike doel gehad en die moord met voorbedagte rade gepleeg het,” het Mfaku gesê.

“[Seletela] is lewenslange tronkstraf opgelê vir die aanklag van moord en 15 jaar vir roof. Die NVG verwelkom die vonnis en wens adv. Julie Makgwatha geluk met haar hantering van die saak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Levine ·

Die vonnis is reg gehandteer en mag dit n goeie voorbeeld wees vir die persone wat wil n moord beplan op hul ander helfte.
Die howe moet nou begin harde strawe uit dien op moordenaars. Dit sal n goeie boodskap uit stuur na die mense daar buite.

Stem saam ·

Ek stem 100% saam. Die saak is goed hanteer, nie oordrewe media aandag en regs vertonings deur advokate nie, suiwer vasgevat en uitgesorteer, welldone staatsaanklaer, polisie en regter.

Cherokee ·

Stem saam Levine maar het tog ‘n vraag. Op grond van wat het ‘n moordenaar wat beskryf word as beroepsmisdadiger 7 jaar afslag gekry op sy 25 jaar vonnis? En dit sal seker weer vonnisse wees wat gesamentlik uitgedien word.

Jan ·

Waar het sy so baie geld gekry. R250 000 lê nie onder on my skoenkas rond nie….

jaco ·

Dit hom asof ware reg en geregtigheid darem nog geskied as al die rolspelers in n misdaadsaak (beskuldigde , slagoffer, NVG, regter, staatsaanklaer) alma vanl dieselfde ras is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.