Vrou gevonnis wat 13-jarige verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 30-jarige vrou is in die Pietermaritzburg-streekhof gevonnis vir die verkragting van ʼn 13-jarige seun.

Natasha Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê die voorval het in Mei 2013 in Dalton, sowat 50 km van Pietermaritzburg plaasgevind. “Die beskuldigde en die slagoffer se ouers was bure. Die beskuldigde se foon het op die betrokke dag by die seun se ouers se huis gelaai aangesien sy nie elektrisiteit gehad het nie.”

Volgens Kara het die seun later die selfoon na die vrou se huis geneem. “Sy het hom gevra om seks met haar te hê maar hy het geweier waarna sy hom gedreig het. Die vrou het haar klere uitgetrek waarna sy hom gedwing het om sy klere uit te trek en sy seks gehad het met hom. Sy het die seun gedwing om die huis deur die agterdeur te verlaat. Die seun is terug huis toe en het sy ouma vertel wat gebeur het.”

Die vrou se regsverteenwoordiger het in die hof aangevoer dat sy ʼn enkelma is en dat sy ten tyde van die verkragting onder die invloed van alkohol was. Die staatsaanklaer Richard Mkhize het egter aangevoer dat die beskuldigde van beter moes weet aangesien sy self ʼn ma is. Volgens Mkhize het die vrou ook nie berou oor haar aksies getoon of verantwoordelikheid daarvoor geneem nie.

Die vrou is tot tien jaar tronkstraf gevonnis en haar naam sal in die nasionale register vir seksoortreders aangebring word. Die hof het ook gelas dat sy nie met kinders mag werk nie. Die NVG het die vonnis verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Liewe heksie ·

Gaan my nie hier uitspreek nie sonie is ek more op die voorblad Siek man siek

Nico Strydom ·

Dagsê Naam Loos
In meeste gevalle kan persone wat aan seksmisdade soos verkragting skuldig bevind word se name nie bekend gemaak word nie ten einde die slagoffers te beskerm, veral as hul minderjarig is.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

m ·

Dis uiters siek en walglik. Hoop hulle sluit haar toe en gooi die sleutels weg..

Estelle ·

Julle lees mos sy het 10 jaar gekry. Waarvan sy net 3 in n tronk hoef te wees. Die straf uitspraak maak my kots

Lance ·

Laat mens dink die regter was nogal reg gewees ….NOG n rape …waarvan ons weet

Gesiggie ·

Duidelik het jou hormone jou gepla… jy is 30 en vra n seun van 13 om jou te help”’ sieklik man… dan dreig jy nog die arm kind”’ ek is net bly dat die seun sy ouma ingelig het, want party kinders is te bang om te praat”’ Hierdie voorval het al in 2013 gebeur? ons is al in 2016” as n mens die nodigste bewyse het … hoekom haar nie al lankal toegesluit… 10 jaar tronk straf… vir haar, maybe net 3 op die einde..die kind het sy hele lewe van hel oor, om elke dag herhinder te word aan daai dag in 2013. Wat het n enkel ouer te doen met wat sy aan die kind gedoen het” Flou verskoning, dronk of nie… Dink voor jy doen… Jy het in elk geval geen berou getoon..

WLC ·

Geen mens het ‘n verskoning om so iets aan ‘n kind te doen nie! Ek is self ‘n ma en ook in my 30’s, ek sal NOOIT in my lewe daaraan dink om so iets te doen nie. Dit is heeltemal siek!!! Dit is ‘n bose kringloop wat gestop moet word. Ons is veronderstel om ons kinders / jeug op te pas – nie hulle te verniel nie!

Vra net ·

Waar kan mens die nationale sexoortreders register sien of is dit ook geheim?

Wonder ook ·

Vra net, ek wonder ook! Hoekom kan hulle dit nie doen soos in die VSA nie? In die VSA kan enige iemand die seksoortreerders register opsoek en kyk of daar so iemand in jou buurt is en dit werk baie goed!! Wens hulle doen dit hier ook!! My vriende daar kyk gereeld dat daar nie iemand daar kom bly het in tussen na hulle die laaste keer gekyk het nie, mens moet dit doen, vir al in vandag se tyd!!

SA word asb net wakker!!!

Natie D ·

Kan ek jou ñ gunsie vrae asb, moenie veralgemeen nie. Nie alle mans is verkragters nie, ja daar is ñ paar siek manne daarbuite, maar ek wil net sê dat ek nog altyd groot respek vir vrouens gehad het, en dit het in my ouer huis begin, en so trek ek dit deur my huis ek is al ñ oupa met 2 kleinkinders en so word hulle ook die waardes van die lewe geleer, met groot genade van die Here.

Jolene ·

As daardie info nie vir die publiek beskikbaar is nie, waarom word dit aangeteken en hoe sal ‘n instansie wat met kinders werk, weet wanneer hulle so iemand in diens neem?

Albert marais ·

@Neelsie: Jy vat wragtig die woorde uit my mond. Miskien is dit omdat hy nie die nuus “vertoulik” gekry het nie?? Wonder ook maar net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.