ʼn 49-jarige vrou van Phoenix in Durban is skuldig bevind en gevonnis nadat sy haar 14-jarige broerskind verkrag het.
“Die vrou is tot 18 jaar tronkstraf gevonnis,” het kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, gesê. “Die vrou het die tiener tussen 2012 en 2013 verkrag toe hy 14 jaar oud was. Die tiener se ma het agterdogtig geraak en toe sy hom konfronteer, het hy erken sy tannie verkrag hom.”
Die Phoenix-polisie het die saak ondersoek.
“Dis baie belangrik dat lede van die gemeenskap aandag sal gee aan klein besonderhede wat met ons kinders verband hou,” het lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, gesê. “Indien ons beter oplet, kan ons mishandeling in ʼn vroeë stadium opmerk. Dit is jammer dat ons as ouers nie enigiemand kan vertrou wanneer dit oor ons kinders se welsyn handel nie.”
Aai, dis so hartseer dat mens nie eers meer lede van jou eie Familie kan vertrou met jou kinders se veiligheid nie. Die wêreld raak NET TE wreed :-(