Vrou gevonnis wat jong seun verkrag

Argieffoto (Foto: QuinceCreative/Pixabay)

Die streekhof op Gqeberha (Port Elizabeth) in die Oos-Kaap het ʼn 29-jarige vrou 12 jaar tronkstraf opgelê nadat sy verlede jaar  ʼn tienerseun verkrag het.

Volgens Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Oos-Kaap, het Thembakazi Dyamani op 25 Maart skuld beken op die aanklag van verkragting van ʼn 13-jarige seun.

“Sy het in die hof erken dat sy nie die seun se bewerings teen haar kan betwis nie omdat sy op die dag van die verkragting te dronk was om te onthou wat gebeur het,” sê Ngcakani.

Die seun en sy vriend het op 4 Junie verlede jaar vir Dyamani na ’n familielid van haar in Gqeberha vergesel. Dyamani ken die twee seuns, maar is nie aan hulle verwant nie.

Die seuns het daardie aand ook by Dyamani se familielid oornag.

“Dyamani het tussen die twee seuns geslaap. Sy het in die aand aan die slagoffer begin peuter en hom gedwing om met haar omgang te hê.”

Die slagoffer het die volgende dag vir sy vriend vertel wat gebeur het. Die vriend het hom aangeraai om vir sy ouers te vertel.

ʼn Saak is teen Dyamani aanhangig gemaak. Sy het in Maart vanjaar skuldig op die aanklag teen haar gepleit en is vandeesweek gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Diline

Genade sies man! Wat makeer die vrou?

Mispel

Nou het ek als gehoor… Siek siek siek

Dries

Die seun het vir seker n keuse gehad.

Kirst

Hoekom sou twee tienerseuns weerskante van ‘n 29-jarige vrou slaap? En die vriend het nie wakker geword van die gekafoefel langs hom nie?

Swerwer

Kan jy nou meer! 12 Jaar gevangenisstraf waar daardie tipe dade aan die orde van die dag is.
Gooi die sleutel weg en los haar daar.