Vrou gevonnis wat springstof na SA smokkel

Argieffoto

ʼn Zimbabwiese vrou is Donderdag in die Musina-streekshof in Limpopo tot tien jaar tronkstraf gevonnis nadat sy skuldig bevind is aan die smokkel van springstof ter waarde van R1,2 miljoen.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, sê die vrou, Linda Katiyo (38), het op 28 April vanjaar van Zimbabwe na Gauteng gereis. Sy het by die Beitbrug-grenspos gekom waar polisiebeamptes snuf in die neus gekry het oor die sak wat sy by haar gehad het.

Haar sak is deursoek en verskillende soorte springstof, wat vir onwettige mynbou gebruik word, is gevind.

Katiyo is terstond in hegtenis geneem. Sy het al verskeie keer in die hof verskyn en is borgtog geweier.

“Die Valke is vasbeslote om misdrywe oor landsgrense te hanteer, veral by die grensposte,” sê Maluleke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JohanR ·

En soe kom die springstof land in om ATM’s op te blaas en transito rowe uit te voer. As die waarde van daai springstof R1.2 miljoen was dan is dit seker vir dubbel soveel aan iemand in SA verkoop….R2.4 miljoen?

Herman ·

Nou wonder n mens maar. Het sy n myn of is daar dalk n slang in die gras.

Deon ·

Hoeveel kry hulle nie wat wel iewers binne in die land eindig?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.