Vrou gevonnis wat wag bedwelm, by Valke inbreek

Argieffoto

ʼn 34-jarige vrou is in die Noord-Kaap gevonnis op aanklag van huisbraak en diefstal by die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) se kantoor in Kimberley.

Maria Maditlhare Tlailane is in die Galeshewe-streekhof tot vyf jaar direkte tronkstraf gevonnis.

Tlailane en ʼn medepligtige het in Julie 2016 toegang bekom tot die Valke se kantoor nadat hulle ʼn veiligheidsbeampte bedwelm het. “Hulle het die gebou betree en kluise met masjiene oopgebreek,” het Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke, gesê. “Kontant en ander waardevolle besittings ter waarde van R183 000 is gebuit. Tlailane is in Desember 2016 in hegtenis geneem.”

Maj.genl. Kholekile Galawe, provinsiale hoof van die Valke, het die span geloof vir hul uitstekende ondersoekwerk en toewyding tot die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae