Vrou giet kookwater uit oor ontroue man

Argieffoto

ʼn Gautengse vrou word aangekla van poging tot moord omdat sy na bewering kookwater oor haar man uitgegooi het nadat sy hom van ontrouheid beskuldig het.

Die 48-jarige man het derdegraadse brandwonde aan sy onderlyf opgedoen, het The Sowetan Donderdag berig.

Sy vrou het hom na bewering weke gelede verras terwyl hy lê en slaap het in hul huis in Benoni aan die Oos-Rand.

Kapt. Justice Ramaube, polisiewoordvoerder, het aan die dagblad gesê die slagoffer, ene Radebe, het ʼn klag aanhangig gemaak, waarna sy vrou in hegtenis geneem is.

“So veel as wat ons gekant is teen die mishandeling van vroue en kinders,” het Ramaube gesê, “moedig ons nie die mishandeling van mans of geweld teen hulle aan nie. Enigeen wat die wet oortree, sal toegesluit word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

100 Kommentare

AmY ·

Jammer, dis seker verkeerd maar ek kon nie help om te lag nie..

Piet Snot ·

Om huishoudelike geweld komies te vind, lei tot net meer geweld. Sou jy saamstem as ‘n man sy vrou se onderlyf verbrand het?
Geweld teen mans lyk vir my aanvaarbaar: ek kan nie glo dat Maroela sulke kommentaar toelaat nie.

Sjoe ·

Sy klink bietjie psycho. Geen wonder die man loer oor die draad nie

Nugter ·

Die man het waarskynlik nie net oor die draad geloer nie, maar ook gevreet…

Karolis ·

Ek dink die poging tot moord klag sou meer van pas gewees het sou sy die warm water oor sy hoof gestort het.

Judge Dredd ·

Mens kan aan brandwonde doodgaan as dit oor ‘n groot genoeg deel van die liggaam is – ongeag waar op die liggaam – mense vergeet die vel is die grootste orgaan.

Mariaan ·

Laat dit nou maar n les wees vir rondloop….mag dalk anders mans 2 keer laat dink…moenie met verkeerde vrou mors nie…dan word sy kookwater

Judge Dredd ·

Nee laat dit maar ‘n les wees vir vroue – net omdat jy ‘n vrou is beteken nie dat jy maar aan mans kan slaan/klap of met kookwater gooi nie.

Eva ·

Die oomblik dat ‘n vrou aan ‘n man slaan verloor sy die voorreg om soosm’n vrou hanteer te word.

Tokkolos ·

Poging tot moord regtig poging tot moord
As n boer vermoor word dan is dit met die doel om te beseer

Stormjaers ·

Om rond te le is nie teen die wet nie. Sy moes ys water gebtyk het.

humor ·

Ek hoop die brandlidtekens sit lewenslank sodat hy met elke waterafslaan kan herinner word aan sy normlose ontrouheid. Nee ek is nie n vrou nie maar 100% man. Hierdie man is al lankal besig om sy vrou psigies te vermoor en sy gesinslewe te vewoes. Met die regte regshulp kan hy dalk verdien wat hom toekom.

Judge Dredd ·

So jy glo ook aan Kangaroo-courts, aantuigings is nie bewyse – en selfs al is haar aantuigings waar dan moet sy mos eerder ‘n egskeiding kry.
In so geval sou die howe haar ook ‘n gunstige pakket besorg het.

RHG ·

Liewe hemel!!!! Dis ‘n verskriklike ding om te doen. Brand is die pynlikste ding wat mens kan gebeur.
Ek kan nie glo mense vind dit snaaks nie.
Sy het hom beskuldig, niks van sy het hom betrap nie. Beskaafde mense doen nie dit nie.

ANA ·

Nope,RHG…glo my nou maar, die sinnelose STILMOORD van emosionele en psigiese aftakeling van ñ ontroue huweliksmaat ÍS BAIE ERGER as “kookwaterbrand”…dit genees nooit en die skade op die arme onskuldige kinders,nog minder…
Ek gee jou gelyk,hys nié “betrap” nie, maar ek waarborg jou…sy wéét def méér,as wat jy dink…en ék dink ñ egbreker, se optrede ÍS méér ONbeskaaf…waarom “getroud” bly viri skyn,ás jy rondloop…wié bluf jy nou regtig,tot wié se voordeel…??

LET'S FACE IT ·

Nope,RHG…wát ñ “egbreker” aan die huweliksmaat én kinders doen,deur ROND TE LOOP,ís baie erger as ñ kookwaterbrand+beskaafd!
Dis psigiese aftakkeling en emosionele STILMOORD…seker dié vrou,wéét méér van haar eggenoot se eskapades as jý en ek…

MShare ·

Ja, Maroela, ek gaan nie weer kommentaar lewer nie, want julle haal dit 100% van die tyd af. Cherokee s’n word altyd geplaas, al is dit hoe mislik – hy is dalk in Maroela se diens. Julle kan my egter nie keer om dit op Facebook te deel nie. Dan sal ons ware kommentaar sien. Kry vir julle.

humor ·

RHG weet u die pyn van om daagliks psigies vermoor te word. Elke dag verneder te word en dat die heel beste wat jy kan bied, nl. jouself verwerp word. Nee u weet nie.!!!!

Judge Dredd ·

En jy dink dit gebeur net met vrouens?
Vrouens is baie beter in emosionele manipulasie as mans.

LET'S FACE IT ·

JUDGE DREDD…ongelukkig so,maar is dit,nie dálk manne sonder outoriteit, wat dit gedweë ‘toelaat’ dat vroue hulle manipuleer en op hul kop sit?

Mel ·

Ek is self ‘n vrou wat in so ‘n verhouding was. Vir jare was ek emosioneel en fisies verwoes. Ek het net eendag besef dat dit maak nie saak wat ek doen nie, hy sal nooit verander nie en my lewe sal nooit verbeter nie. Ek het nie eers my goed gepak nie, ek het net gevlug. Ek het niemand met kook water gegooi nie. Ek het nooit eers ‘n klap uitgedeel nie. Want ek is nie soos hy nie. Dit is nooit okay om iemand fisiese skade aan te doen nie, tensy jy veg vir jou lewe.

Eva ·

Humor, jy is mos die een wat so lekker lag. En nou huil jy? Die lewe gaan oor keuses. Niemand dwing jou om met jou man getroud te wees nie. Niks! Waarskynlik sien jy nie raak hoe hy hom afsloof om jou ‘n huis en kos en klere en veiligheid te bied nie. Wanneer laas het jy jou beenhare geskeer?

AW ·

“No One Is Righteous”

“It may help to understand human affairs to be clear that most of the great triumphs and tragedies of history are caused, not by people being fundamentally good or fundamentally bad, but by people being fundamentally people.” – Neil Gaiman

“Adam was but human—this explains it all. He did not want the apple for the apple’s sake, he wanted it only because it was forbidden. The mistake was in not forbidding the serpent; then he would have eaten the serpent.” – Mark Twain

“All of us have a romantic streak in us. That’s why we are fallible, aren’t we?” – Kapil Sibal

OR
# Boikotallmales …. … .. .

OR
It takes Two too Tango …. … .. ..

OR
Life Contunues …. … .. .

OR
It is Called Life …. … .. ..

OR
Turn your back on him and move on …. … .. .

Popo se Honeybird ·

Stem saam AW. Niemand word gedwing om in ‘n verhouding te wees nie.

Laat ek raai... ·

Dit het sekerlik nog nooit met Judge Dredd gebeur nie? Ek was 8jaar getroud toe ek al op daai punt om iets onverantwoordliks te doen maar ekt 2 pragtige dogtertjies wat ek nie deur daai hel wil sit nie. Snaaks dat my man die een was wat 2 keer met verskillende vrouens in die 9de jaar en binne minder as n jaar rondgeloop het terwyl ek swanger was met my 2de kind, maar hy wil nie skei nie, so ek bly maar terwille van my kinders! Hy werk baie hard om my hart weer te wen as dit ooit weer moontlik is! Ongelukkig het hy die dinge oor homself gebring so ek enjoy elke oomblik van die goeie treatment en moet my asb nie verkeerd verstaan nie, ek vra niks en dring aan op niks nie, hy doen alles uit sy eie! Ongelukkig gaan die seer, self verwyt, vrae, vernedering, onseker van myself en vele meer nooit weg nie, lewe maar elke dag met dit saam! Maar nie alle vroue is so nie, party hou van wraak en ek neem hul glad nie kwalik nie!

Judge Dredd ·

Eerstens – niks is bewys nie, maar die man word alreeds beskuldig deur kommentare hier dat dit maar sy verdiende loon is.
Tweedens – vrouens is nie maar altyd die onskuldige slagoffers soos wat blykbaar sekere kommentare wil voorgee nie.
Derdens – uit ondervinding het ek geleer en gesien dat SEKERE vrouens baie meer emosionele aftakeling doen as mans.
Vierdens – al het hy haar verneuk – gee dit haar nie die reg om kookwater op hom te gooi nie – kry dan maar eerder ‘n egskeiding, en as sy kan bewys hy het haar verneuk dan sal die howe haar goedgunstig wees.

Piet ·

Jy moennie n fout maak nie, jy is ook besig om wraak te neem maar jy doen dit psigologies. Jy gaan jou self verkwalik as jou pragtige dogters leer dat dit is hoe n verhouding moet wees. Ek is baie jammer vir jou dat daar nie liefde in jou verhouding oor is nie. As jy egter nie jou man wil vergewe nie se hom dat jy dit nie sal doen nie en los hom so gou jy kan.

lolla ·

moenie terwille van jou dogters by hulle pa bly nie…. jare later mag jou kinders glo hulle moet sulke behandeling aanvaar …jy doen jou kinders onbeskryflik baie sielkundige skade aan….. as hy se jy behandel hom nie soos n koning nie dan moet jy onthou dat jy nie soos n koningin behandel word en voel nie…. en hy moet sy prinsesse beskerm soos n man want hy is nie meer sy ma se seuntjie nie….wyse konings lei en sorg vir sy familie en sy gesin en gedra hom nie soos n nukkerige kind vir sy vrou nie……vroue moet lovers wees en soos een behandel word….jy is nie sy mother nie…. daar gaan n koning wees wat jou en jou prinsesse n koninkryk gee waar jy koningin is en julle beskerm word….

Eva ·

Laat ek raai. Laat ek raai. Jy verdien nie jou man nie. Jy verdien hom glad nie. Daar is Evas wat hom sal waardeer virmdie en wat is is. Moenie te selfversekerd wees nie!

Boer ·

Dit is maklik om te se die vrou word verneuk en mans is sleg.Wat van vroue wat eerder op hulle selfone speel as om tyd aan haar man te spandeer.Altyd vol skete en pyne is.Altyd van beter weet.Altyd net jou beskuldig van onwaarhede.Ek weet hoekom mans gaan ander plek soek.Ek het dit nog nie gedoen nie.Vroue gee mans rede om rond te loop.Ek drink nie,dobbel nie,slaan nie,loop nie rond nie ,rook nie maar word soos n vark behandel. Mans vrouens waardeer goeie mans nie.Hoera om weer single te kan wees

ANA ·

Nee…BOER…ál die mans en ál die vroue wat hulself begeef in huwelike,is nie noodwendig sleg of skuldig nie…trouens ek ken paartjies wat ñ FEES het, in hulle huwelike,Vader as Leier het en mekaar respekteer met ñ goeie skoot humor…
SLEGTE BEHANDELING en rondloop is satan se manier,om die mensdom te vernietig en huwelike op te breek…ek waarborg jou,ekt nié enige rede tot AANLEIDING tot mý ex man se ontrou, bygedra nie…trouens hy trek noual by huwelik no.4.
Vergewe maar…jou vrou wat JOU sal ophef en waardeer,vir wié jý is,kom nog..

Anoniem ·

Boer, jy klink vir my na ‘n wonderlike man! Jammer om te hoor jou vrou waardeer jou nie. Dis waar ons vroue kan maar baie moeilik wees. ( ek is self ‘n vrou) As ek mag raad gee, net paar gedagtes: party vrouens kla baie oor skete en pyne net as manier om te kommunikeer, gee dan maar beleefde aandag en simpatiseer maar net. As sy jou valslik beskuldig, moet jy dit nie aanvaar nie, se vir haar dis darem lelike dinge wat sy se. En met mense wat altyd beter weet, nou ja..daar is net een uitweg..moet niks terug se of antwoord nie!!! En bid bid bid vir haar hart om sag te word, jy sal ook moet leer om meer “assertive” te wees.

lolla ·

weet jy daar is siektes wat mens nie kan sien nie maar wel baie skete en pyne veroorsaak?…..soos fibromialgia…. as jy nie die tekens en simtome ken nie dan is jy baie oningelig…. en jou houding vererger dit en ek kry die vrou jammer wat met sulke ‘goeie mans’ getroud is…. snaaks as ek haar vra sal sy seker se ‘nee dankie vir n volgende verhouding of huwelik want sy mag miskien weer in die kettings beland van so n ‘goeie man’….. doen jy jou deel in die huis of is jy ‘die man/baas van die huis?…. maar mishandeling is nooit geregtig nie…. moenie dink ‘goeie mans’ mishandel nie hulle vroue nie…. vir die wereld wys hulle iemand anders as wie die vrou ken…

PJC ·

ń Jaloers mens is ń vreeslike ding. Nerens word daar bewyse verskaf dat hy ontrou was nie. Alles was dalk net in haar jaloerse kop. As hierdie ou weet wat goed is vir hom raak hy dadelik van haar ontslae.

Philip ·

Nee wat ek is ‘n man en waar iemand ontrou is moet hy of sy of hulle lot aanvaar. Dis ‘n venedering want omtrent almal weet behalwe jyself. En ook “‘n leopard does not change its spots”. Eenkeer rondgeloop ‘n tweede keer volg. Baie sad

humor ·

Nee nooit gebeur dit net met vrouens nie. Dit geld beslis vir beide man en vrou. Laat Ek Raai , laat ek raai daar is sekerlik ook baie aan jou kant wat vergewe moet word. Veral jou nie- vergewensgesindheid teenoor jou man. Ek dink nie jy weet wat alles in sy hart le nie. Ek wil maar net aan jou man se; moet nooit moed opgee nie. hou net aanmekaar om die goeie te doen en lief te he selfs al kry jy geen liefde terug nie. hou aan tot selfs sterfdag toe.

Judge Dredd ·

@ Let’s face it – nou vertel bietjie hoe virseker jy outoriteit oor ‘n vrou of verhoed haar om jou te probeer emosioneel aftakel, selfs al behandel jy haar baie goed.

ANA ·

Nee…BOER…ál die mans en ál die vroue wat hulself begeef in huwelike,is nie noodwendig sleg of skuldig nie…trouens ek ken paartjies wat ñ FEES het, in hulle huwelike,Vader as Leier het en mekaar respekteer met ñ goeie skoot humor…
SLEGTE BEHANDELING en rondloop is satan se manier,om die mensdom te vernietig en huwelike op te breek…ek waarborg jou,ekt nié enige rede tot AANLEIDING tot mý ex man se ontrou, bygedra nie…trouens hy trek noual by huwelik no.4.
Vergewe maar…jou vrou wat JOU sal ophef en waardeer,vir wié jý is,kom nog..

johanna ·

ek sal hom met kookolie verbrand ek duld nie nie ontrouheid nie. ek gee hom my alles… boys will e boys cheaters an liars

Johan H. ·

Bla bla bla almal van julle. Maak of botter nie in jul mond kan smelt. N storie het meer as 2 kante… baie vroue is verandwoordelik vir die emosionele afbreek van hul mans. Veral as hul daaie ding gebruik as n beursie. Dit werk natuurlik andersom ook. Daarom moet altwee deurlopend aan die huwelik werk. Maar dis makliker gese as doe.. DAAR le die probleem..

Nel ·

Laat my dink aan die Engelse gesegde “Hall hath no fury like a woman scorned”

Marius ·

Daai man kan bly wees hy leef. Sy kon ‘n mes of skêr gebruik het.

Eva ·

Nee, ‘n skêr gebruik sy om te knip. En dis wat sy van knip af weet.

Elf ·

Hy sal tweekeer dink voor hy weer daai plesier spier by die verkeerde adres wil gebruik.

Oom Piet ·

Hierdie vrou is slim. Langenhoven het gesê – as jy iemand gooi , gooi hom met water hy kan dit nie terug gooi nie.

Foxi ·

Ja ou maat, miskien is jy in jou oorgangsjare. Dis mos wanner daai ogies na lings en regs trek. Maar ai…..hoe eet n mens nou n sny brood wat aan albei kante gebotter is? Nou het jy in die kookwater beland met jou lafgeit. Eina man!

ANA ·

Daarsy FOXI…? pure lafgeit en jeukeriggeit…soos my oupa,sou sê

Pieter ·

Geweld is geweld.
Ons land loop oor daarvan.
Laat die reg sy gang gaan.

Popo se Honeybird ·

Ai mevrou, jy moes hom eerder gelos het hy verdien jou nie. Geen mens hoef in ‘n verhouding / huwelik te wees waar jy ongelukkig is nie. Sterkte aan jou x

Eva ·

Politieke, al daaraan gedink dat sy nie haar man verdien nie?

Laat ek raai... ·

@Piet. Daar is verskriklik baie liefde in my huwelik, as daar nie was nie sou ek hom gelos het! Ek hou niks teen hom nie en het hom lankal vergewe! Ek doen dit juis so vir my kinders! Al die dinge wat hy nou doen en hoe hy my nou behandel is om my te wys hys regtig baie jammer daaroor! Wat ek bedoel met ek “enjoy die goeie treatment” is hoe hy my elke dag spesiaal laat voel en so leer ek my dogters dat dis hoe n man moet wees en n vrou moet dit waardeer, en natuurlik andersom ook! Op die einde van die dag het ons altwee groot lesse uit die foute geleer en wys ons ons kinders dat ware liefde werklik bestaan al maak mens foute, is daar vergifnis! En wraak is nie die antwoord nie, ongelukkig is dit vir party die enigste manier om weer seer te maak….

Blom ·

Ek hoor jou, laat ek raai, presies dieselfde hier. Baie mense maak foute en daar is wel van hulle wat uit hul foute leer. My man het handomkeer verander na sy verhouding van jare terug. Ons word by die dag nog steeds net liewer en liewer vir mekaar. Dit was wel n baie moeilik proses gewees om deur dit te gaan. Die vernedering die hartseer. Daar sal altyd maar n klein letseltjie wees maar dit was ‘Worth it’ om dit te maak werk en weer te leer om te vertrou. (Ek weet wat jy bedoel met die special treatment).

Gert ·

Honde wat rondloop kastreer jy dan bly hy by die huis. Miskien moet die beginsel op mense toegepas word.

Driekie ·

@Boer.. Die enkele goeie eienskappe wat jy oor jouself noem klink goed… Maar daar moet iets wees wat haar van jou weggedryf het. Iets waarvan jy dalk nie bewus is nie….soos persoonlike higiene?…luiheid?…geen ruggraat?…. narsisme?…finansiele mishandeling?… oe wat alewig ronddwaal (en knik) en (kinderagtige) flirtasies? …wat vernederend en afbrekend is, (en sekonder is aan ontrouheid)….

Eva ·

Driekie, jy is reg. En dis nie mans wat alleen flirt nie. Of rondkyk nie.

Wat sou jy dink is verkeerd daarmee? Stem saam met jou oor alles. Dis egter nie slegs tot een geslag beperk nie.

Stallion ·

Een van die redes waarom ordentlike wit mans deesdae eerder oorsee ‘n wit vrou gaan soek is o.a. die hool se oorvloed feministe en die ‘bottom of the gene pool’ wat in die hool oorbly. Ek kyk nie eers meer na die ‘locals’ nie. Dis mos die tipe wat so oor die kookwater juig. Hou maar verby.

Merrie ·

Hulle hou waarskynlik verby jou, lekker ver verby. Mans wat so van ‘n vrou praat, as iets wat ondergeskik is aan sy verhewendheid verdien elke feminis wat sy pad kruis en hom terug druk in sy chauvenis boksie.

Eva ·

Sien maar die merrie gedrag van merries wat hulself dames noem. Die vroulikheid is vlak. Daarom dat die man ‘n vrou soek, nie die merrie tipe nie.

Uitgevang ·

Sien maar die kommentaar van Adams wat hulleself Evas noem.

PJC ·

Dit lyk vir my hier is ń paar ouens wat uit ondervinding praat vandaar die erge bitterheid terwyl die regte feite nog nie eens op die tafel is nie.

JAN ·

Liefde sonder getrouheid bestaan nie. Getrouheid is die getuienis van liefde.
Vir elke dienskneg is daar ń diensmeisie andesins is dit verkragting. Hmm?
Die basiese behoefte van menswaardigeid is geborgenheid. ( sense of belonging)
Want eensaamheid is erger as die dood.
Maatskaplike verval is om soos diere te word. Geestelike dood aborsie.

Hanna Hoekom ·

Enige iemand wat al ooit in n staatshospitaal in die “rural” areas gewerk het, sal weet dat hierdie gebruik baie algemeen in sekere gemeenskappe is. Die man is nog gelukkig, want dis gewoonlik vuurwarm, slap pap wat gegooi word. En daai pap klou…

M ·

As hy daai pad gestap het moet hy maar daai pad se dorings trotseer. As daardie rolle omgekeer was sou die simpatie ook so heftig aan die man se kant gewees het? Party vroue is net n vrou vir n kort tydjie na die troue dan is dit n ” comfort zone” van geld mors, vet raak, emosionele manipilasie en luiheid. As hierdie persoon wat gebrand is dalk onskuldig was moet sy maar haar dag in die hof kry en hy moet flippen gou vir haar die skeibrief gee.

gogga ·

Hanna…jy praat waar….ons was op n plaas en die kokende water en kokende olie is nie so vreemd soos die geval klink nie…. ek het baie moes hospitaal toe neem na huismoles ens….. soos ek verstaan is dit redelik algemeen onder sekere van ons land se mense….. en ek lag nou want net die herinnering was soms genoeg om rondloper voels te waarsku om maar eie nes toe te gaan…

anton ·

Jy het nogal n punt beet Stallion!!!
Baie van vandag se vroue wil graag die broek dra.
Vroue uit my ma en ouma se tyd was baie anders as nou se dae sin.
”Wie sal n deugsame vrou vind want haar waarde is ver bo die van korale.”

Merrie ·

Baie waar, anton en as mans hulle vroue liefhet en hulle beskerm soos Christus sy kerk liefhet en beskerm sal sy hom onderdanig wees en alles vir hom gee. Dit is die mooi van ‘n huwelik, God gee aan albei verantwoordelikheid en aan albei gesag oor die ander, maar dit kan net werk as albei mekaar in liefde dien.

lolla ·

vroue wil nie die broek dra nie en lei en beskerm nie….soms dra hulle hom beter [darem niks soos n man wat goedgebou is met n jeans nie!!!….. nie die pens en geen boude modelle nie] … soms moet die vroue dit doen want die mans doen dit nie…. en baie is so lief vir hulle eie beeld want hulle besef nie mense sien n ander prentjie van wie hulle is nie …maar dankie tog daar is so baie mans wat wel nog veilige hawes skep…

Eva ·

Anton, nie alle mans verkies vrouens wat so oud soos hulle oumas is nie.

Anoniem ·

Party mense is vinnig om die ou te kritiseer wonder hoeveel van hulle is onskuldig. Mans of vrouens loop nie net rond omdat dit lekker is nie nee daar is fout in hul huwelik. Daar is menigte dinge wat kan verkeerd loop. Dink maar self wat jou pla van jou huweliksmaat en wat sal jou dryf in die arms van n ander voordat jy lag en lekker kry oor die man se pyn. Die persone wat so lekker kry miskien dink jy aan n ander man of vrou terwyl jy en jou maat kaffoefel. Is dit reg?

Ian ·

‘It takes two to Tango…”

Snaaks dat dit altyd die man is wat die vark in die verhaal is. Die vrou weet gewoonlik waarvoor sy haarself inlaat, en begin inderwaarheid normaalweg met die geflikflooiery…

Mens sien dieselfde nou met die sg #MeToo Movement. Al die ou dametjies is nou “as pure as the driven snow” onskuldiges van wie voordeel gevat is. Vergeet maar gou hoe goed dit gegaan het in die lekker ou “up and coming [sic]” tye… Tsk.

gogga ·

ek het n ‘stallion’ geken wat gedink het hy het sy eie ‘sstud’ en toe raak die merries vir hom teveel en toe moes hy underground gaan :) :) :) …. maar dis gelukkig nie almal wat ander kant die draad kuier nie… ek glo nogal as hy gaan laat hy vry voel… maar nie almal sien kans vir daai uitdaging nie…. vry om te gaan maar terugkom is nie daar nie….die beste beloning as iemand jou man afvry of meer geluk ge is laat sy hom hou…. luiperd se kolle is mooi en slaan altyd weer deur….. en jakkals verloor nooit sy streke nie

Sê ook ma net ·

Die Bybel sê as iets jou pla kap hom af en gooi hom weg…

Sê ook maar net vir sê se ma ·

Af kap nogal, nê. So, as iemand se (leë) kop pla – kap hom dan af?

SA se beste? ·

Stem saam met Stallion en Anton. Ek en vriende is gereeld oorsee en ons stem 100% saam dat die slegstes in Rusland kan met die ‘bestes’ van SA vergelyk word – as dit by wit meisies kom. In die hool se genepoel bly omtrent net die ‘bottom feeders’ oor. My meisie is Russies. Ek en my vriende kyk nie eers in SA nie!

Kieskeurig ·

Dit help altyd met ‘n swak selfbeeld as jy ‘n desperate enetjie kry wat bereid is om papbroeke te vat soos hulle is, want niks beter kom verby nie; dit kos nogal mans met rugraat om ‘n behoorlike Afrikaanse meisie te beïndruk. Jy is dalk die onderste lagie in die genepoel en kan nie regkom met die meisies wat meer wil hê as net ‘n uitweg uit ‘n kommunistiese land nie. RussianBrides.com hier kom ons. Desperate vrouens sonder vooruitsigte is volop op die internet….

Verstom ·

MShare, jy is slim!!!!! Ek wonder nog die heeltyd hoekom ou Cherokee so ‘n vrye, goor sê het. en kastig altyd alles weet. My kommentare word 7/8 van die tyd nie geplaas nie.

HaHa ·

Ek is met ‘n Ukraine girl getroud. Die beste vrouens in die wêreld, tien maal beter as die bestes in SA. Die jaloesie darem. Kieskeurig se reaksie hierbo is so tipies van die ‘locals’… meestal ‘n kwessie van sy is ‘n strand, nes haar ma. Nee dankie. Was nie meer lus vir SA se spul walrusse nie, toe vind ek my engel in Ukraine.

Kieskeurig ·

Ek is regtig jammer om te hoor dit was net walrusse wat vir jou kans gesien het, saam met jou bly oor jou Ukraine meisie.

JAN ·

Jaaa Ha Ha. !! Jou engel weet die lot feministe nog sal ontdek. Kyk hoe skitter vroulikheid en estetika op RT na 70 jaar se kakkerige manlike macho Marxsisme! En Christelike kultuur na die aller vieslikste eeu van volksmoord en verkragting begin met ABO en Herero volksmoord. 1900.
Toets van liefde is lojaliteit wanneer dit sleg gaan.

Bossie ·

Ek wens ek kan n man kry wat n Christen is (nie dweper), verantwoordelikheid neem vir sy gesin, die hoof van die gesin WIL wees. Ek het nie respek vir n lui, slapgat man wat al die verantwoordelikheid vir die gesin se welstand aan my oorlaat nie. Ekt drie kinders alleen grootgemaak, my doktorsgraad gedoen, en begin nou die leer klim. Hy nie, want sy stokperdjie is sy lewe. Belangriker as ek, sy kinders of sy werk. Ekt hom nog nooit verneuk nie, want ek wil nie hê my kinders moet sleg dink van my as dit in n gemors soos hier berig word, ontaard nie. Die dag as daar n man met ruggraat in my lewe kom, dan los ek hierdie slapsiel.

JAN ·

Toksiese feminisme is die ergste by die vervloekte SKOONMA verskynsel. Die oumas wat hul dogters se gesinne verwoes en vervreem van pa’ en kinders. Ongelooflik die boosaardigheid van die verskynsels.
Maar daarteen is Goddank die Bybelse vroulikheid verseker ook in ons Volk te vind. Emily Hobhouse was die moeder daarvan en haar konfrontasie met Lord Milner se kultus oorleef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.