Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê die saak is tot 23 Mei uitgestel wanneer die polisiebeampte om borg sal aansoek doen. Die 45-jarige sersant is Woensdag in hegtenis geneem na berigte dat ’n vrou aangerand is toe sy haar dogter se verkragting wou gaan aanmeld het.
Opod het die saak begin ondersoek nadat die Daily Sun ‘n berig gepubliseer het oor ‘n vrou wat aangerand is toe sy foto’s geneem het van polisiebeamptes wat geweier het om haar te help. “Die sersant het haar aangerand en haar kop voor almal teen die toonbank geslaan.”
Die beampte was glo ook in Desember by ‘n aanranding betrokke nadat hy ondersoek gaan instel het na ‘n klag van huishoudelike geweld. “Die polisie het die man beveel om ‘n interimbevel te teken nadat hy deur die sersant aangerand is,” sê Dlamini.
“Polisie, watse polisie”
Mens kan ook nie meer die polisie vertrou nie, land is in sy m**r in.
WTF !!!! Hyt in Des iemand aangerand, maar hei, kom ons gee hom kans dan sien ons wie rand hy volgende aan. Ja Melissa, jys reg, die land is in sy kanon in sy m**r
Ek stem met julle saam. Die land het sy gat gesien. Almal doen wat hulle wil. As die President dit kan doen – hoekom dan nie die doodgewone ou ook nie. Ek stem ook met watse polisie. Hulle is patete. Ek sal my skaam om ‘n uniform te dra.
En die vark werk nog……………… moes hy nie al met die 1st aanranding afbetaal gewees het nie…………………..klomp puppets in die land en dan wil hulle nog die land regeer…………….